Die skokkende swakheid van God se waarheid.

image_pdfimage_print

 

All the preaching in the world cannot make a man see the truth so long as his eyes are blinded. —C.H. Spurgeon

 

Die skokkende swakheid van God se waarheid.

Os Guinness vra of ‘n spreker net oor die waarheid, die volle waarheid en niks behalwe die waarheid bekommerd moet wees? Gaan dit net oor die logika en meriete van sy argumente? Of vereis doeltreffende oorreding dat die spreker ook ander maniere gebruik om ander van sy standpunt te oortuig? Sprekers wat vaardig is om ander te oortuig, kan die slegste saak goed voorstel, kan leuens as die waarheid voorhou. Die waarheid is noodsaaklik vir oorreding, net soos oorreding noodsaaklik vir die waarheid is, maar dit vereis meer as die waarheid om te oorreed. Tussen hierdie twee – waarheid en oorreding – is ‘n gaping waardeur enige skelm kan beweeg.

 

Christene moet kommunikeer op ‘n manier gevorm deur Hom wat ons gestuur het. Die manier waarop Christus ons gestuur het, vorm die manier waarop ons gestuur is en die manier waarop ons praat. God het Homself aan ons op ‘n skokkende manier geopenbaar – teenstrydig met wat ons verwag het. Hy moes, want dit was die enigste manier om die hardkoppigheid van ons ongehoorsaamheid te onderwerp en ons harte te bereik.

 

Die Almagtige God het besluit om swak te word om ons te onderwerp. As God dan so ver gegaan het, is dit tog dwaas om te dink ons kan reg aan sy menswording kan laat geskied deur argumente wat wys hoe briljant ons is. Ons weet tog nie beter as Hy nie.

 

Enige verduideliking of verdediging van God se waarheid moet ‘n lewe en manier hê wat deur die sentrale waarhede van die evangelie gevorm is. Daarom is ons woorde meer doeltreffend as dit persoon tot persoon, van aangesig tot aangesig oorgedra word. Omdat ons op die Heilige Gees vertrou moet dit altyd duidelik wees dat die krag en oorredingsvermoë van ons argumente van Hom kom en nie van ons nie.

 

Nederigheid en kwesbaarheid moet altyd tekens van ‘n advokaat van Christus wees. Ons is slegs vroedvroue – wat werklik saak maak, is nie ons nie, maar Jesus Christus.

 

 

 

image_pdfimage_print