GOD LEI DIE WYSES

image_pdfimage_print

GOD LEI DIE WYSES

En kyk, die ster wat hulle sien opkom het, tot dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly (Matteus 2:9 – 10).

‘n Sleutel om God beter te leer ken, is om jou reis met ander te deel. As ons begeerte is om alles wat God bied, te ondervind moet ons uit ons eie plan tree en in sy plan klim. Dan moet ons die reis van die sterrekykers volg.

 

Die verhaal van die sterrekykers is ook ons verhaal. Ons is almal reisigers op soek na rigting. God gee dit. Die verhaal van die sterrekykers wys vir ons hoe. God het die wêreld van die natuur gebruik om die sterrekykers se aandag te trek: ons het sy ster sien opkom (Matteus 2:2). Die werklikheid van God is duidelik genoeg. Maak jou oë oop en daar is dit. Deur lank en intens te kyk na wat God geskep het, kan mense sien wat hulle oë nie kan sien nie – ewige krag en die misterie van die Goddelike wese (Romeine 1:19 – 20). Anders as Herodes volg die sterrekykers God se leiding. Herodes se voorbeeld wys vir ons dat trots ons kan verblind al ken ons die waarheid.

Die einddoel van al God se boodskappe, is om die hemelse lig op Jesus te skyn. Die sterrekykers kry vir Jesus, want hulle het die teken gehoorsaam en hulle het die Skrif geglo. Anders as die skrifgeleerdes het die sterrekykers die profesie gelees en het daarop gereageer. Die harte van die sterrekykers was oop vir God se gawes.

God gebruik elke moontlike manier om met ons te kommunikeer. Die sterrekykers is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Hy wil ons help om ons pad huis toe te vind.

Kersfees is God se deurbraak in ons wêreld. Hy agtervolg ons; HY is die leermeester en sal ons nie in die duisternis los nie. Hy stuur tekens en boodskappe. Hoop. Lewe. Liefde. As God die tekens stuur, mag ons wys genoeg wees om toe te laat dat hulle ons na die Skrif toe lei. Mag ons nederig wees en mag ons nederigheid ons lei na aanbidding.

Sedert die sterrekykers meer as 2000 jaar gelede na Jesus gaan soek het, lyk dit asof Kersfees en ‘n reis saamgaan. Wat maak ‘n goeie reis vir jou?

  • Ek kan die behoeftes van ander voorsien en almal gelukkig en tevrede hou;
  • Ek kom daar gouer as gewoonlik of gebruik minder brandstof;
  • Ek sien iets uniek of pragtig langs die pad;
  • Daar is stil tye waarin ek my gedagtes kan oordink en daar is tyd om met ander oor idees waarin ek belangstel, te praat;
  • Ek is seker almal ken die reëls en sal dit volg;
  • Ek hou die atmosfeer ontspanne en vermy konflik;
  • Almal hou by die skedule …

Is daar enige ooreenkomste oor hoe jy ‘n reis aanpak en hoe jy jou lewe benader? Kyk hoe het die sterrekykers hulle reis benader en wat dit beteken om wys te wees in die manier waarop ons ons lewe benader. Hulle storie is ons storie; ons is almal reisigers op soek na rigting en God gee dit. In Matteus 2;1 – 12 sien ons duidelik die verskil van hulle benadering tot die lewe en die benadering van Herodes en die skrifgeleerdes. Hulle verskil veral in hulle reaksie op tekens wat na die Messias wys. Al drie – Herodes, die skrifgeleerdes en die sterrekykers – het toegang tot dieselfde tekens van God. Almal was bewus van Miga se profesie: maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en Hy sal in Israel regeer (Miga 5:1). Herodes het dit ernstig genoeg opgeneem om dit uit te daag; die skrifgeleerdes het die profesie goed geken, maar doen niks daaromtrent nie; die sterrekykers wy hulle daaraan toe om dit te volg,

Almal het toegang tot dieselfde tekens en ken die profesie – hoekom die verskillende reaksies? Hoekom maak nuus van die Messias vir Herodes uitdagend; die skrifgeleerdes oorgerus en selfvoldaan en die sterrekykers vol vreugde? Die einddoel van al God se boodskappe is om die hemelse lig op Jesus te skyn. Die sterrekykers het nooit ‘n volledige padkaart van Jesus gehad nie. Op elke punt langs die pad beweeg hulle na die lig wat hulle gehad het

Jakobus stel twee tipes wysheid teenoor mekaar: Is daar ‘n wyse en verstandige man onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Terwyl daar bitter naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie., want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak (Jakobus 3:12  -18). Herodes en die skrifgeleerdes illustreer aardse, nie-geestelike wysheid.

Kersfees vier God se deurbraak in ons wêreld. Hy laat ons nie in die duister nie. Hy gebruik die Skrif, die natuur en ons persoonlike ondervindings met Hom om vir ons tekens en boodskappe te stuur.

[Hierdie is di derde gedeelte uit Max Lucado se Because of Bethlehem]

 

 

 

 

 

image_pdfimage_print