GOD PRAAT VANDAG

image_pdfimage_print

Only people who have never read something old think that they have discovered something new – Rudolf Bultmann

 God praat vandag

In Deuteronomium 18 lees ons van sekere afskuwelike praktyke van die Kanaäniete en word Israel gewaarsku om nie hierdie praktyke aan te leer nie. Hierdie praktyke sluit in dinge soos die offer van kinders,  towenaars, slangbesweerders, mense wat geeste om inligting vra of dooies raadpleeg, ens. Dit word dan gevolg deur ‘n gedeelte waarin die Here belowe dat Hy ‘n profeet soos Moses in die toekoms na vore sal laat kom.

 

In hierdie gedeelte kry ons belangrike lesse vir vandag:

  1. God praat met sy mense op sy tyd en op die wyse wat Hy bepaal. Waarsêery en pogings om die geeste van die doderyk op te roep, kry ons tot in die Nuwe Testament.  In Handelinge kry ons verskillende insidente waar towenaars betrokke is. Hulle word gesien as instrumente van Satan. In elke geval triomfeer God oor die magte van die duisternis. In Galasiërs 5:19 – 21 gee Paulus ‘n lysie van die praktyke van die sondige natuur. Dit sluit towery in: Wie hom aan sulke praktyke skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. 2 Timoteus 3:13 verwys na  goddelose mense en bedrieërs … Hulle mislei ander en word self mislei. Paulus sê ook dat God elke mag en gesag ontwapen het (Kolossense 2:15).
  2. In ooreenstemming met die Here se belofte aan Israel gaan Hy voort om profetiese stemme as gawe te gee. So verseker Hy sy mense van sy teenwoordigheid en sy begeerte om met hulle te kommunikeer. In Efesiërs 4:11 lys Paulus profete as ‘n gawe wat God aan die kerk gegee het. Ons kry dieselfde in 1 Korintiërs 12:28 – 29.
  3. ‘n Ware profeet praat in God se Naam en in opdrag van Hom.
  4. Ons moet waaksaam wees om ware en vals profete van mekaar te onderskei. Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen of sy gees van God afkomstig is (1 Johannes 4:1). Aan die Tessalonisense sê Paulus: Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is (1 Tessalonisense 5:20 – 22)

God praat steeds met ons, maar op sy tyd. Ons moet rustig en geduldig wag vir Hom om te praat. Maar ons moet altyd seker maak dat ons nie met vals profete te doen het nie.

 

image_pdfimage_print

You may also like...