Het ons ons godsdiens afgewater? En nou? (1)

image_pdfimage_print

It is very rare for the spirituality of a group of Christians to exceed that of its leaders. —John Benton

Het ons ons godsdiens afgewater? En nou? (1)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Ons het nou na verskeie aspekte gekyk waar ons ons godsdiens afgewater het. David Platt eindig sy boek af met ses vrae.

 

  • ØHoe kan ek my denke met die waarheid vul?

Om Jesus Christus te volg, moet ons in Hom glo; om in Hom te glo, moet ons na Hom luister. Die lewe van ‘n dissipel is een van leer. Ons moet gedurig na sy woorde luister, soos: Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is,  alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Filippense 4:8). Hoe doen ons dit?

  • §Hoe gaan ek God se woord lees? Werk vir jou ‘n plan uit om sy woord sistematies te lees – alles, nie net sekere gedeeltes nie.
  • §Hoe sal ek God se woord aan ander leer? Eredienste en kleingroepe is belangrik, maar om met ‘n broer/suster te gaan sit en oor God se woord te praat, is selfs belangriker.

Maar ons moenie net hoor nie, ons moet God se woord gehoorsaam en toepas. Ek hou hiervan: Ons lees nie vir informasie nie, maar vir transformasie.

  • ØHoe sal ek my liefde vir God aanwakker?

Ons doel is om God te gehoorsaam, maar ook om Hom lief te hê.

  • §Hoe sal ek Hom aanbid? En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewend en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is, Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen (Romeine 12:1) Ons hele lewe bestaan uit aanbidding – elke faset daarvan.
  • §Hoe sal ek bid? As jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot Jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon (Matteus 6:6). Kry ‘n plek en ‘n spesifieke tyd waar jy jou afsonder en met God praat.
  • §Hoe sal ons vas? In Matteus 6:16 – 18 kry ons riglyne oor hoe om te vas. Ons vas nie meer nie, maar dit is ‘n praktyk wat groot vrug kan dra, want dit fokus jou aandag op God.
  • §Hoe sal ons gee. In Matteus 6:19 – 21 kry ons sekere riglyne. Wat veral opvallend is in hierdie gedeelte is: Waar  jou skat is, daar  sal jou hart ook wees.

Ons kan nie ons geloof in Jesus Christus skei van ons gevoel vir Hom nie. Dissipels aanbid, bid, vas en gee omdat ons die Here liefhet.

Volgende keer gaan ons na die ander vrae kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...