Het ons ons godsdiens afgewater? ‘n Nuwe hart is nodig

image_pdfimage_print

Where the plow does not go and the seed is not sown, the weeds are sure to multiply. And if children are left untrained, all sorts of evil will spring up in their hearts and lives – C. H. Spurgeon

Het ons ons godsdiens afgewater? ‘n Nuwe hart is nodig

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Luister wat sê Jesus vir Nikodemus: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie (Johannes 3:3). Hier verwys Jesus na Esegiël 36:26: Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggame uithaal en julle ‘n hart van vleis gee.

In Jeremia 31:33 belowe God dat hy ‘n nuwe verbond met sy mense sal aangaan: Ek sal my woord op julle harte skryf en dit in julle gedagte vaslê.

Daar is geen manier waarop ons self ons harte rein kan maak nie. Christus kan dit doen: Hy vergewe ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Johannes 1:9). Al wat ons kan doen, is om te vertrou op wat hy reeds 2000 jaar gelede vir ons gedoen het.

Hulle vertel die storie van die man wat vir hom ‘n Rolls-Royce gekoop het. Hulle verseker hom die kar kan nie breek nie. Slegs ‘n paar maande later ry hy in die platteland en die kar breek. Hy is nie naby ‘n dorp nie en hy bel die Rolls-Royce fabriek direk. Hulle stuur ‘n werktuigkundige met ‘n helikopter om die kar reg te maak. Na ‘n paar weke het hy nog nie ‘n rekening gekry nie. Hy raak bekommerd. Hy bel hulle en vra waar die rekening is. Hulle antwoord: “Meneer, ‘n Rolls-Royce breek nie. Ons het geen rekord hiervan nie.”

Die les is eenvoudig: God gee aan ons ‘n nuwe hart en vernietig die rekord van al ons vorige oortredings. Hy het geen rekord meer nie.

image_pdfimage_print

You may also like...