Hoe kry ek wysheid (8)

image_pdfimage_print

Hoe kry ek wysheid (8)

Moenie dink jy het al die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is, dit is die geneesmiddel vir jou. Die verkwikking vir jou liggaam (Spreuke 3:7 – 8).

Nog ‘n teken van wysheid is die gewilligheid om advies te aanvaar. Dwase is in hulle eie oë wys. Hulle aanvaar geen advies nie of slegs advies van een groep – baie luister net na mense van hulle eie ras, of klas of politieke oortuiging.

 

Wysheid is om dinge deur so veel oë as moontlik te sien –deur God se woord en deur die oë van ander mense – mense wat van jou verskil en jou selfs kritiseer. wyse mense omring hulle met raadgewers waar hulle altyd ‘n tweede mening kan kry. Die evangelie bly die grootste hulpbron. Dit wys vir ons dat ons sondaars is, maar gee ook aan ons die versekering van God se onvoorwaardelike liefde.

Is daar ‘n persoon of soort persoon na wie jy behoort te luister, maar dit nie doen nie? Ons het harte wat nie van regstelling hou nie. Ek woon in ‘n samelewing wat vir my sê om net myself te vertrou. Al hierdie dinge werk saam om te verhoed dat ek by ander kan leer. Dit verhoed dat ek uit u woord kan leer. Wat God soek is ‘n berouvolle en gebroke gees.

image_pdfimage_print