Hoe weet ek wie is reg?

image_pdfimage_print

Hoe weet ek wie is reg?

Daar is verskillende interpretasies van wat die Bybel sê. Hoe weet ek wie is reg? Die Rooms-Katolieke Kerk glo dat een van die funksies van die kerk is dat hy die gesagvolle interpreteerder van die Skrif is. Hulle glo ons het ‘n onfeilbare Bybel en ‘n onfeilbare interpretasie van die Skrif.

Mense raak moedeloos: as die teoloë nie kan saamstem nie, kan ek tog nie weet wat reg is nie. Dit is lastig as kundiges oor belangrike sake verskil. Wat moet ons doen as ons verskillende sienings kry?

Eerstens stel van wie dit is wat die interpretasie gee. Is hy/sy betroubaar? Baie van hierdie sogenaamde kundiges het nie die nodige akademiese kwalifikasies nie. Die Bybel is ‘n oop boek vir almal en hulle kom met allerlei gevolgtrekkings oor wat hulle gelees het. Ons moet ook versigtig wees om op net een persoon se mening te vertrou. Ons kan gerus ook by die ouer garde soos Augustinus, Calvyn, Luther, ens leer.

 

 

image_pdfimage_print