Leierskap, profesie en kritiek

image_pdfimage_print

“There is one prerequisite for managing the second half of your life: You must begin long before you enter it.” Peter Drucker

 

Leierskap, profesie en kritiek

Hoe lyk Bybelse profesie en is dit nog vandag van toepassing? Dit is die vraag wat Ed Stetzer antwoord.

 

In die Ou Testament as God iets betekenisvol wou doen, gebruik Hy ‘n profeet. God soek steeds mense wat na Hom sal luister en vir Hom sal praat. Profete het egter ‘n paar sleutelkenmerke.

 

  1. Profete kry hulle visie van God

Profete definieer nooit hulle eie visie nie. God plaas nie sy seël van goedkeuring op ons agenda nie. Visie is iets wat God aan ons openbaar. Ware profete spandeer tyd alleen met God om hulle visie te verfris. As ons dus iemand wil wees wat God kan gebruik, moet ons vir lank genoeg stil genoeg wees om te hoor wat God sê. Ons moet aanvaar ons kry ons visie by Hom.

 

  1. Profete daag die status quo uit.

‘n Ware profeet is dapper genoeg om teen die stroom te gaan. As ons ‘n visie wat die status quo uitdaag kommunikeer, gaan mense van ons verskil. Geen profeet word ooit 100% ondersteun nie.

 

  1. Profete aanvaar kritiek en verlies

As jy die status quo uitdaag, sal daar gou ‘n afvaardiging by jou kom om oor sake te gesels. Dit het met Nehemia gebeur. Sanballat, Tobija, die Arabier, Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het … Sanballat enGesem laat my toe weet: “Kan ons mekaar … ontmoet? Nehemia 6:1 – 2). Nehemia herinner ons dat elke profeet vyande en kritici het. Hoe reageer ons as mense ons leierskap kritiseer? Net soos Nehemia. Moenie te veel tyd spandeer om na hulle te luister nie. Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle te kom? (6:3 – 4). Hulle stuur dieselfde boodskap vier maal en elke keer gee Nehemia dieselfde antwoord. Dit beteken nie dat ons alle kritiek moet ignoreer nie. Kritiek kom ook van mense wat ons liefhet, in ons en in die roeping glo. Maar kritiek het ook ‘n alternatiewe agenda: dit ondermyn die roeping en my leierskap.

 

  1. Profete leef om die regte gehoor te gehoorsaam.

Moses maak sy besluit by die brandende bos; Jesus maak sy besluit in die woestyn; Jona neem sy besluit in ‘n groot vis; Paulus neem sy besluit op die pad na Damaskus. Ons moet steeds ‘n doelbewuste besluit neem. Watter gehoor gaan ek gehoorsaam? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie (Galasiërs 1:10). Wie se guns soek ek?

 

Jesus soek steeds mense wat sy roeping sal antwoord en profete word. Is jy bereid om sy roeping te aanvaar?

 

image_pdfimage_print