Moedige volgelinge

image_pdfimage_print

 

This is the extreme of human knowledge of God: to know that we do not know God – Thomas van Acquino

 

Moedige volgelinge

Ira Chaleff (The Courageous Follower; Standing up to and for our Leaders) identifiseer vyf kenmekerke van volgelinge met moed:

  1. Die moed om verantwoordelikheid te aanvaar

Die sending behoort aan ons. Dit is meer om aan die sending deel te neem wat iemand anders se verantwoordelikheid is. Dit vereis moed, want ons is nou verantwoordelik vir die resultate. Moedige volgelinge neem die inisiatief en aanvaar die verantwoordelikheid vir terugvoer, persoonlike groei, selfbestuur, passie, die verbetering van die prosesse, ens.

 

  1. Die moed om te dien

Jesus het ‘n kultuur van volgelinge geskep – volgelinge wat dienaars is. Ons word gestuur om te dien en op te offer. Ons lewe is veronderstel om God se geskenk vir die wêreld te wees.

 

  1. Die moed om uit te daag

As ons nie opstaan teen diegene met sterker persoonlikhede of ‘n hoër rang, staan ons nie op vir die waarheid nie. As dit gebeur ly die hele sending. Daar is ‘n manier om ander uit te daag sonder om arrogant of opstandig te wees. As jy ander nie uitdaag nie – dit kan oor idees, inisiatief of gesindhede wees – verloor jy die respek van ander. Ons is bang ons word uitgesluit, maar die werklikheid is dat ons reeds uitgesluit is. Die stem van God in ons word met verloop van tyd toenemend geïgnoreer.

 

  1. Die moed om aan verandering deel te neem

Die gesindhede en karakter van die leiers word nie deur die volgelinge bespreek nie. As die kultuur egter dié van volgelinge is, word dit van almal verwag om aan die voortdurende transformasieproses  deel te neem – transformasie om meer soos Christus te word. Dit geld vir almal in die geloofsgemeenskap. Daarom het almal die reg om te praat oor die lewens van individue en die korporatiewe gemeenskap.

 

  1. Die moed om moreel op te tree

Ons betoon dikwels min respek aan ander. Deur ons koppe weg te draai en ons oë te sluit vir sulke gedrag keur ons dit stilswyend goed. Moedige volgeling tree op volgens die situasie en in Jesus se manier.

Is jy ‘n volgeling van Jesus Christus – een met moed?

 

image_pdfimage_print