Moenie hierdie Kersfees van Josef vergeet nie.

image_pdfimage_print

Moenie hierdie Kersfees van Josef vergeet nie.

Dit is baie maklik om van Josef in die Kersverhaal te vergeet Beide Matteus en Lukas volg Josef se geslagsregister terug tot by Dawid. Profesieë het vereis dat die Seun van God ook die Seun van Dawid moes wees. Dit was seker nie die enigste kwalifikasie van Josef nie. Hier is nog ‘’n paar kwalifikasies wat hy gehad het.

 

  1. God het Josef weens sy oortuigings gekies

‘’n Verlowing destyds het meer bindende krag gehad as vandag. Haar verloofde wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar ot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek (Matteus 1:19). So ‘’n verbreking van die verlowing in hierdie geval was toelaatbaar volgens die Skrif en die burgerlike wet. Kyk na Josef se punt:

  • Sy verloofde was swanger; en
  • die baba was nie syne nie.

Hy kon met reg geglo het dat Maria ‘’n storie opgemaak het dat sy deur die Heilige Gees swanger geword het.

 

  1. God kies Josef vir sy deernis

Josef hanteer ‘’n baie sensitiewe situasie met groot deernis.                                                                                                                        Hy was regverdig – hy doen die regte ding op die regte manier. Goeie vaders intimideer en verneder nie diegene wat God aan hulle gegee het om lief te hê en te lei nie. Josef het geweet hoe om mense te behandel. Volgens Deuteronomium 22:21 het Josef die reg gehad om Maris te stenig. Ons stenig nie meer mense nie – ons dagvaar hulle en smeer hulle swart op sosiale media. Ons kan baie van mans leer deur te kyk hoe hulle hul vrouens, kinders, ouers, werknemers ens. behandel.

 

  1. God het Josef gekies as gevolg van sy moed

‘’n Mate van vrees is normaal en gesond. Vrees dat hy vir sy verloofde se probleem gestenig kan word, is genoeg rede om nie met haar te trou nie. Dit is ’n maklike uitkoms, want Josef kon nie bewys dat Maria ontrou aan hom was nie. Hy kon dus self gestraf word. Dit was ‘’n groot geloofstap vir Josef om vir Maria te glo. Hoe kon hy weet of die swangerskap die gevolg van Maria se ontrou was of as gevolg van God se intrede? Hy vertrou sy hemelse Vader en nie sy eie gevoelens nie. Hy aanvaar sy rol as eggenoot en vader. As ons familie probleme het, moet ons vir hulle bid en nie paniekerig raak nie. Om God te vertrou met die onvolmaakte mense in ons gesinne vereis geloof en moed.

 

Toe Josef uit sy droom wakker word, doen hy wat die engel hom beveel het. Hy trou met Maria, hy noem die seun Jesus en hy het geen omgang met Maria tot ná die seun se geboorte nie. Hy neem die swanger Maris byna 150 kilometer van Nasaret na Betlehem.. Na die geboorte neem hy haar na Egipte. Later trek hy wee terug na Nasaret. Hy doen dit alles om moeilikheid in Jerusalem te voorkom.

 

Josef is nie gekies omdat hy slim of ryk of beroemd was nie. Hy is gekies, want hy was ‘’n gehoorsame man.

 

 

image_pdfimage_print