‘n Nuwe Kategismus: Vraag 3

image_pdfimage_print

The vigor of our spiritual life will be in exact proportion to the place held by the Bible in our life and thoughts – George Müller

 

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 3

Vraag: Hoeveel persone is daar in God?

 

Antwoord: Daar is drie persone in die een ware en lewende God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hulle is dieselfde in in wese, gelyk in mag en heerlikheid. [Deel onderstreep is die antwoord vir kinders.]

 

Teksvers:

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees (2 Korintiërs 13:13)

 

Kommentaar:

Die Drie-eenheid, Vader, Seun en Heilige Gees, wat een God is, is iets wat ons moet glo, nie alleen vir die ewigheid nie, maar veral om te weet van die drie groot werke wat God in die mens doen: as ons Skepper en die God van die natuur; as ons Verlosser, die God van genade; as ons Heiligmaker.

 

Die Skrif sê vir ons dat daar drie, maar tog net een God, is. Ons moet gedoop word in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matteus 28:19).God is oneindig en onverdeel, en tog is Hy Vader, Seun en Heilige Gees. Dit moet ons glo. Van Hom en deur Hom en aan Hom is alle dinge. Hy is ons absolute Eienaar, Heerser en Vader – ons Maker en Verlosser en Heiligmaker.

 

Hierdie kommentaar is deur Richard Baxter (1614 – 1691), ‘n Engelse Puritein geskrywe. Hy was kapelaan in die leër van Oliver Cromwell. Toe James II onttroon is, is hy vervolg en sit vir 18 maande in die tronk. Hy hou aan preek en skryf:  “I preached as never sure to preach again, and as a dying man to dying men.” Hy was ook ‘n digter en skrywer van liedere. Hy skryf ook sy eie kategismus vir sy familie – hierdie gedeelte kom daaruit.

 

Gebed:

Nie sonder bewing, pleit ons by die heilige geheimenis van die Drie-eenheid: die Vader, die Seun en die Heilige Gees van wie ons in die Skrif geleer het:  in alle nederigheid aanbid ons hierdie Eenheid in die Drie-eenheid en hierdie Drie-eenheid in eenheid. Laat ons hierdie verdeling soos verklaar in die Skrif en die eenheid ook nougeset aan ons oorgedra, in gedagte hou en erken. Daar is net een God.  As ons dus lees dat God die wêreld geskep het, verstaan ons dat die Vader, van wie alle dinge is, deur die Seun, van wie alle dinge is,  in die Heilige Gees, van wie alle dinge is, die wêreld geskep het.

 

As ons dan lees dat die Seun mens geword, gely, gesterf en opgestaan het vir ons verlossing, glo ons dat die Vader en die Heilige Gees, alhoewel hulle nie aan sy menswording en lyding deelgeneem het nie, hulle, desnieteenstaande, ons verlossing deur die Seun bewerk het. En as daar gesê word dat ons sondes deur die Heilige Gees vergewe word, glo ons dat hierdie seëning, en alle ander seëninge wat aan ons gegee word, deur een, ware, lewende en ewigdurende God – die Vader, die Seun en die Heilige Gees – gegee word. Aan Hom ons lof en dank vir ewig en ewig. Amen.

 

Hierdie gebed is deur Heinrich Bullinger (1504 – 1575), ‘n Switserse hervormer en opvolger van Zwingli as hoof van die Switserse kerk, geskryf. Bullinger het teologiese en geskiedkundige werke geskryf – ongeveer 127 boeke.  Daar bestaan ongeveer 12 000 briewe aan en van Bullinger. Dit is die mees uitgebreide korrespondensie van die Hervorming wat behoue gebly het. Hy het met onder andere Henry VIII, Edward VI en Elizabeth I van Engeland, Christiaan II van Denemarke en Frederick III, keurvors van Rome, gekorrespondeer. Hierdie aanhaling kom uit: Of The Holy Ghost: The Eighth Sermon in The Other Eight

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Hierdie gedeelte is slegs vertaal.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...