‘n Nuwe Kategismus: Vraag 26

image_pdfimage_print

blog13 IN THIS SECTION

Few things make the life of a parent more rewarding and sweet as successful children – Nelson Mandela

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 26

Vraag:

Wat nog het Christus se dood ons van verlos?

 

 

Antwoord:

Christus se dood is die begin van die verlossing en hernuwing van elke deel van die gevalle skepping. Hy rig alles vir sy heerlikheid en wat die beste vir die skepping sal wees. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen (Kolossense 1:19 – 20).

 

Kommentaar:

Jesus is ‘n Verlosser, dit is sy Naam; Hy kom na die wêreld om te verlos … Hy het sy kosbare bloed gestort … daarom moet ons vertrou op en glo in ons Verlosser en in sy verlossing. Ons moet glo dat die dag van volle verlossing binnekort sal kom, wanneer ons volledig en vir ewig van sonde, Satan, die wêreld, al ons laste, vrese, hartseer, versoekings en lyding verlos sal word.

 

Of God is ons s’n of Hy is nie; of Christus is ons s’n of Hy is nie. As God en Christus nie ons s’n is nie, het ons genoeg rede vir hartprobleme … Maar as God en Christus ons s’n is … en as ons werklik vir Jesus Christus, die Here, as ons enigste Here en Verlosser ontvang het, en onvoorwaardelike onsself aan Hom oorgegee het; dan kan ons ons geloof op God as ons God  en Jesus Christus as ons s’n uitleef. Dan kan ons aanspraak maak op ons reg in God en Christus en op alles wat God en Christus is en het as ons eie. Dan het ons geen hartprobleme meer nie. As God myne en Christus myne is, is alles ons s’n. God is voldoende. Ons het nie eer en rykdom en gesondheid nodig nie – God is voldoende. Is Jesus in wie alle volheid woon nie voldoende nie – genoeg om in al ons behoeftes te voorsien nie?  Jesus Christus is alles in alles; en as Christus joune is, is alles joune. God is joune, die goeie van twee wêrelde is joune. Jy kan tog niks meer verlang nie.

 

Hierdie kommentaar  kom van John Bunyan (1628 – 1688).  Hy was bekend as die blikslaer (tinker) van Elstow. Hy kom dramaties tot bekering en word ‘n leidende Puriteinse prediker. Soos sy gewildheid toegeneem het,word hy toenemend die teiken van skinderstories en laster. Uiteindelik word hy in die tronk gegooi. Tydens sy tyd in die tronk begin hy sy bekende werk: The Pilgrim’s Progress. Dit word vir die eerste keer in1678 gedruk.

 

Hierdie kommentaar kom uit  “Heart’s Ease in Heart Trouble” in Bunyan’s Grace Abounding to the Chief of Sinners; Heart’s Ease in Heart Trouble; The World to Come; and Barren Fig-tree (Philadelphia: JJ Woodward, 1828), 191–211.

 

Verdere leesstof

“Goodness” in Concise Theology, by J. I. Packer.

 

Gebed

Hemelse Vader, roep ons om ons harte vollediger na U te buig. Moenie dat ander dinge in die pad kom nie … en dan hemelse Vader, laat ons besef dat alles aan Jesus Christus behoort. Hy het gesterf, nie net om ons siele hemel toe te neem nie – maar ook ons liggame sal eendag uit die dood opgewek word. Daardie dag, soos Petrus net na sy hemelvaart gesê het: “Hy gaan hemel toe totdat Hy terugkom en alles weer sal herstel.” Sy dood aan die kruis by Golgota is vir ons individueel, maar dit is nie egotisties individualisties nie. Ons individuele verlossing sal eendag ‘n deel van die herstel van alle dinge wees. Totdat Hy terugkom is dit ons roeping om alles in ons vermoë te doen – dit sal nie volmaak wees as Hy terugkom nie – om betekenisvolle genesing op elke gebied te sien. Hy sal dit dan volmaak genees.

 

As daar ware verkondiging van die evangelie is, dra dit optrede in die sosiale lewe in die wêreld om ons uit. Die kerk moet die evangelie verkondig, maar moet ook die goeie nuus leef. Help ons! Vergewe ons! Gebruik ons! Ons vra dat U ons sal help en ons vra dit in die Naam van die Here, Jesus Christus, ons Lam en ons God. Amen.

 

Hierdie gebed is deur Francis Schaeffer (1912–1984) geskryf. Hy was ‘n Amerikaanse Presbiteriaandse pastor en filosoof. Hy was veral bekend vir sy skrywes en  die vestiging van die L’Abri (“The Shelter”) gemeenskap in Switserland. Hy het 22 boeke geskryf. Die bekendstes is sy trilogie: The God Who Is There, Escape from Reason, en He Is There and He Is Not Silent sowel as sy A Christian Manifesto.

Hierdie gebed kom uit ‘n toespraak “A Christian Manifesto” by die Coral Ridge Presbyterian Church, Fort Lauderdale, Florida, 1982. Dit is beskikbaar by www.intothyword.org/apps/articles/default.asp?articleid=36268

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...