‘n Nuwe Kategismus: Vraag 30

image_pdfimage_print

The only honest feedback a boss gets is from his calender. (We are what we do) – Tom Peters

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 30

Vraag:

Wat is geloof in Jesus Christus?

Antwoord:

Geloof is Jesus Christus is om die waarheid van alles wat God in sy Woord geopenbaar het, te erken, om op Hom te vertrou en om op Hom alleen te vertrou vir ons verlossing soos Hy in die evangelie belowe het.

 

Skrifgedeelte:

Nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof  in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê (Galasiërs 2:20).

 

Kommentaar:

Die beste en duidelikste definisie van geloof wat vryspreek, en streng volgens die Skrif is,  waaraan ek kan dink, is dit: Geloof is die siel se volkome omhelsing van die openbaring van Jesus Christus as ons Verlosser … Dit word geloof genoem, want geloof is die eerste daad van die siel om enige verhaal of openbaring te aanvaar. Aanvaarding, as ons van ‘n openbaring praat, is eerder geloof as liefde of keuse … Ons kan die definisie in hierdie woorde uitdruk: geloof is die siel wat volledig vasklou en berus in die openbaring van Jesus Christus as ons Verlosser. Of: geloof is ons siel wat die waarheid van God wat Jesus Christus as ons Verlosser openbaar, aanvaar en daarop vertrou. Dit is die hele siel wat hierdie waarheid aanvaar. Dit is die volkome oorgawe van die denke en hart aan die openbaring en om daaraan vas te hou in geloof en liefde.

 

Hierdie kommentaar is deur Jonathan Edwards (1703–1758) geskryf. Hy was ‘n koloniale Amerikaanse prediker en filosoof. In 1726 word hy die pastor van ‘n gemeente in Northampton, Massachusetts. Hy is veral bekend vir sy beroemde preek:  “Sinners in the Hands of an Angry God” sowel as vir die baie boeke wat hy geskryf het – insluitend The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Hy sterf as gevolg van ‘n inenting teen pokke kort nadat hy die president van die College of New Jersey (later Princeton Universiteit) geword het.

Hierdie kommentaar kom uit:  “Concerning Faith” in The Works of Jonathan Edwards, Volume 2 (London: Ball, 1839), 580.

 

Verdere leesstof:

 “What is Faith?” in A Faith to Live By, by Donald Macleod.
“Knowledge” in Concise Theology, by J. I. Packer.

Gebed:

Laat ons saam met die dissipels bid: “Vader vermeerder ons geloof,” en met die arme man in die evangelie: “Here, ek glo; help my in my ongeloof.”

Hierdie gebed is deur Richard Sibbes (1577 – 1635), ‘n Engelse Puriteinse teoloog, geskrywe. In die vroeë 17de eeu staan hy in Londen bekend as the Heavenly Doctor Sibbes. Hy was die leraar by Gray’ Inn in Londen en Hoof van Catherine Hall in Cambridge. Sy bekendste werk was The Bruised Reed and Smoking Flax.

Hierdie gebed kom uit sy preek “Fountain Opened: or The Mystery of Godliness Revealed” in The Works of the Reverend Richard Sibbes, Volume 1 (Aberdeen: Chalmers & Co., 1809), 213.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...