‘n Nuwe Kategismus: Vraag 5

image_pdfimage_print

The Bible outlives, out lifts, outloves, outreaches, outranks, outruns all other books – A. Z. Conrad

 

 ‘n Nuwe Kategismus: Vraag 5

Vraag: Wat het God nog gemaak?

Antwoord:  God het alle dinge deur sy kragtige Woord gemaak, en sy skepping was baie goed; alles het onder sy liefdevolle heerskappy gefloreer. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]

 

 

Teksvers:

Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed (Genesis 1:31).

 

Kommentaar:

God het deur sy mag uit niks die hemel, aarde en see gemaak; Hy het dit onmiddellik met alle soorte goeie dinge versier en verryk. In hierdie wêreld … het dit Hom plesier om die mens, aan wie Hy alle dinge onderwerp het,  te bring. Hoe groot is ons God; hoe groot is die mag van ons God; hoe ryk en vrygewig is ons God  teenoor die mens, wat  nooit sulke dinge uit sy hand verdien het nie. Ons kan Hom nie genoeg loof  vir die rykdom en voortreflike genietinge wat Hy vir die mens alleen gemaak het nie. Hy het hulle almal onderwerp aan die mens en hulle moet die mens as hulle heer en meester gehoorsaam. Maar hier, terloops,  in die skepping van die wêreld, moet ons die bewaring en beheer van alles deur hierdie selfde God gemaak is, oorweeg. Die wêreld kan nie staande bly en oorleef deur sy eie krag nie; hierdie dinge beweeg en roer nie vanself nie … Dit is verregaande om te sê dat God alle dinge gemaak het, maar dat Hy nie dit wat Hy gemaak het versorg nie; en dat sy skepsel, soos ‘n boot verlate sonder ‘n stuurman, deur winde heen en weer gewaai word en wat teen rotse vasgeslaan en gebreek word. God gee om en hou die toestand van die sterflike mens en al die dinge wat Hy gemaak het, dop. God het nie alleen die wêreld en alle dinge wat daarin is, gemaak nie, maar Hy beheer en bewaar hulle vandag en Hy sal hulle beheer en bewaar tot aan die einde.

 

Hierdie kommentaar is deur Heinrich Bullinger (1504 – 1575), ‘n Switserse hervormer en opvolger van Zwingli as hoof van die Switserse kerk, geskryf. Bullinger het teologiese en geskiedkundige werke geskryf – ongeveer 127 boeke.  Daar bestaan ongeveer 12 000 briewe aan en van Bullinger. Dit is die mees uitgebreide korrespondensie van die Hervorming wat behoue gebly het. Hy het met onder andere Henry VIII, Edward VI en Elizabeth I van Engeland, Christiaan II van Denemarke en Frederick III, keurvors van Rome, gekorrespondeer. Hierdie aanhaling kom uit: “That God is the Creator of All Things: The Fourth Sermon” in “The Other Eight Sermons of the Fourth Decade” in Decades of Henry Bullinger, vertaal deur H.I., Volume 4 (Cambridge: University Press, 1851), 177–179.

 

Verdere leesstof:

 “Creation” in A Faith to Live By, by Donald Macleod.
Providence” in Concise Theology, by J. I. Packer.

 

Gebed:

Heilig, heilig, heilig, God Almagtig, wie was en weer sal kom; ewig, sonder begin en einde; oneindig, sonder grense of mate; die oneindige Vader, Woord en Heilige Gees. Die oneindige Lewe, Verstaan en Wil; oneindig magtig, wys en goed. Van U en deur U en tot U is alle dinge. Aan U die heerlikheid tot in alle ewigheid. Al u werke verkondig u heerlikheid, want u heerlike volmaaktheid is op alles. Vir die heerlikheid en vir die vreugde  van u heilige wil, het U alles gemaak. Die hemel en alles daarin; die son en die sterre met hulle beweging, lig en warmte; die aarde en alles wat daarop woon, met al die pragtige ornamente daarop; al die meteore; die groot dieptes en alles wat daarin swem: alles verkondig u lof en bevestig die heerlikheid van die grote Skepper. Hoe groot is daardie mag wat so ‘n groot wêreld uit niks gemaak het nie. U kragtige lewe gee lewe aan almal en bewaar die raamwerk van die natuur, wat U gemaak het. Hoe heerlik is daardie wysheid wat alles orden en aan elkeen sy plek toewys en deur sy volmaakte wette die skoonheid en harmonie van alles behou. Hoe wonderlik is u goedheid en liefde wat alles goed en mooi gemaak het. Ons loof en verheerlik U, ons Here en Eienaar. Want ons, en alle dinge, is U s’n. Amen.

 

Hierdie gebed is deur Richard Baxter (1614 – 1691), ‘n Engelse Puritein geskrywe. Hy was kapelaan in die leër van Oliver Cromwell. Toe James II onttroon is, is hy vervolg en sit vir 18 maande in die tronk. Hy hou aan preek en skryf:  “I preached as never sure to preach again, and as a dying man to dying men.” Hy was ook ‘n digter en skrywer van liedere. Hy skryf ook sy eie kategismus vir sy familie.

Uit “A Shorter Form of Praise and Prayer for the Lord’s Day” in “The Poor Man’s Family Book” in The Practical Works of Richard Baxter, Volume 19 (London: Paternoster, 1830), 635–636.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information.

image_pdfimage_print

You may also like...