Nou weet ek

image_pdfimage_print

Nou weet ek

Hierdie week gaan ek ‘n paar blogs aan Miga spandeer (Rigters 17 en 18). Ek maak onder andere van Tim Keller se kommentaar :Judges for you (God’s word for you), gebruik.

 

In Rigters 17:7 ontmoet ons ‘n jong priester uit Betelehem. Hy het sy huis waar hy sy mense as priester moes gedien het, verlaat en soek nou ‘n ander woonplek. Miga sien die geleentheid om sy tuisgemaakte, doen-dit-jouself tempel meer indrukwekkend te maak. Die Leviet bly Miga se priester. Uiterlik voldoen Miga se tempel aan die basiese reël

 

Miga ws geseën, want hy het die leegheid van sy tuisgemaakte god ontdk voor hy gesterf het. – toe dit nog nie te laat was nie.

 

Almal aanbid. Die vraag is wie of wat is die ding wat jy aanbid – na wie ons kyk vir betekenis en doel in die lewe en seën. Wat is die ding wat as dit van jou af weggeneem word jou sou laat sê  “Sonder jou, wat anders het ek? Jy is my alles.” Ons moet besef dat daar nêrens anders is waarheen ons in die lewe kan gaan nie.. Daar is ook geen nodigheid om iwers anders te gaan nie. As ons Jesus ken en dit is al wat ons het; is dit al wat ons nodig het.

image_pdfimage_print