www.bybelkennis.co.za Blog

God as Pappa

God as Pappa – Francois Malan

Henriette vra:

Iemand my gevra hulle het Bybel deurgelees en vind nêrens in Bybel dat ons vir God as Pappa moet aanspreek nie. Nou voel hulle dis `n woord vir ons aardse vaders. Moet hulle of moet hulle nie vir Hom aanspreek as Pappa nie.

Wette en strawwe 2

Wette en strawwe 2 – Jan van der Watt

Vandag onderskei ons tussen siviele en kriminele sake, met ander woorde, siviele sake waar twee individue ’n probleem het en die hof die saak vir hulle oplos en kriminele sake waar iemand teen die gemeenskap oortree het en die staat die persoon tot orde roep in die hof. In die Bybelse tyd was dit anders.

Wette en strawwe 1

Wette en strawwe 1 – Jan van der Watt

In die Bybel lees ons dikwels van vreeslike strawwe en dat die koning sommer op sy eie besluit om ‘n stad te verwoes of mense dood te maak. Dit druis vir ons in teen wat ons voel liefde is, iets wat eie is aan die boodskap van Jesus.

milanie_boeke_advertensie

Laat sy Liefde jou Lei: Om anders te voel

Laat sy Liefde jou Lei: Om anders te voel – Milanie Vosloo

Om anders te voel

Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid … Ek wil probeer leef soos U wil hê. Psalm 101:1a en 2a

Soms het ons rede om in sak en as te sit en kla. Ander kere is ons geneig om met ’n groot gesnyde wit brood onder die arm ons lot te bekla teenoor almal wat wil luister (en selfs dié wat regtig nie lus is om te luister nie!). Dis die kere wanneer ons soos klein babatjies oor alles huil. Die geringste wind, hongerte, ongemak of nattigheidjie laat ons dadelik maak ons dadelik ê-erig!