www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Die oordeel

Geloofsvrae: Die oordeel – Adrio König

Die oordeel

Die eindoordeel, wanneer alle mense deur God geoordeel sal word, is ‘n nuwe gebeurtenis, en tog is dit ‘n bevestiging van wat reeds vooraf beslis is. Dit is nie so dat elke mens eers tot dan moet wag om uit te vind wat die beslissing oor sy of haar lewe sal wees nie. Uiteindelik lê die beslissing van ons ewige heil in ons verhouding met Jesus Christus in hierdie lewe.

milanie_boeke_advertensie

Laat sy Liefde jou Lei: Méér as ‘n glimlag …

Laat sy Liefde jou Lei: Méér as ‘n glimlag … – Milanie Vosloo

Méér as ‘n glimlag …

Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: …vriendelikheid … Galasiёrs 5:22 

‘n Enkele vriendelike gesig, woord of daad kan jou hele dag opvrolik. Dink maar hoe lekker dit jou laat voel wanneer iemand jou met ‘n glimlag verras, ‘n opregte drukkie begroet, minsame woorde teenoor jou uitspreek of sommer net iets spesiaals vir jou doen.

Geloofsvrae: Die opstanding (en die tussentoestand)

Geloofsvrae: Die opstanding (en die tussentoestand) – Adrio König

Die opstanding (en die tussentoestand)

As Christus weer kom, sal Hy die dooies opwek. In ‘n sekere sin sal dit nie regtig ‘n nuwe gebeurtenis wees nie. Die eindopstanding het alreeds begin toe Hy opgestaan het, en moet net by sy koms voltooi word.

Dit is merkwaardig dat Paulus die hele evangelie afhanklik maak van die opstanding: `As die dooies nie opgewek word nie … is julle geloof waardeloos’ (1Kor 15:16-17).

Waarom sou die opstanding van die liggaam só belangrik wees? Na alles is die liggaam tog baie minder werd as die siel. En is dié nie in elk geval al klaar gered voor die persoon se dood nie?

Geloofsvrae: Die Wederkoms van Christus

Geloofsvrae: Die Wederkoms van Christus Adrio König

Die wederkoms van Christus

Daar is vier gebeurtenisse waarna die gelowiges met `brandende harte’ moet uitsien:

  • die wederkoms van Christus,
  • wanneer Hy die dooies sal opwek,
  • alle mense sal oordeel, en
  • die aarde sal nuut maak of ons die ewige lewe sal gee.

Hierdie vier gebeurtenisse is die kern van ons toekomsverwagting. Dit is die enigste profesieë waarop ons nog wag, wat nog nie vervul is nie.