www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy Liefde jou Lei: “Geduld o, geduld wat so baie kan dra ..” – Milanie Vosloo
“Geduld o, geduld wat so baie kan dra ..”
Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: …geduld … Galasiёrs 5:22
Geduld is ‘n omvangryke woord. HAT omskryf dit as die vermoë om veel te verdra; om moed te hou; die vermoё om te wag sonder om te kla; om rustig met iets om en voort te gaan; lydsaamheid; verdraagsaamheid en volharding. Sjoe, wat ‘n mondvol! Geen wonder ons sukkel so om hierdie vrug van die Gees te leef nie. Hoe dikwels kan ons droogmaak-optrede nie toegeskryf word aan die gebrek van geduld nie!
Geloofsvrae: Godsdiensvryheid – Adrio König
Godsdiensvryheid en godsdiensgelykheid
1 Godsdiensvryheid
Godsdiensvryheid is ‘n veel makliker saak as godsdiensgelykheid. Min Christene sal veel probleme hê met die siening dat mense vry behoort te wees om die godsdiens van hul keuse te beoefen, trouens ook min mense van ander godsdienstige oortuigings – behalwe skynbaar Moslems in situasies waar hulle in beheer is.
Geloofsvrae: Godsdiensgelykheid – Adrio König
Godsdiensgelykheid
Godsdiensgelykheid is ‘n baie moeiliker saak as godsdiensvryheid. Die vraag is wat ons daarmee bedoel. Miskien is dit weer die beste om te onderskei tussen die staat en die godsdienstige perspektief.
Geloofsvrae: Sending en Evangelisasie – Adro König
Sending en evangelisasie
Dit is beskamend maar tipies dat sending as een enkele paragraaf in die hoofstuk oor die kerk behandel word. Dit moes eintlik andersom gewees het. Maar dit is presies die posisie in die historiese kerke: sending is ‘n aanhangsel, nog ‘n item op die agenda van die kerk, nie eens altyd die eerste een nie, want daar is belangriker sake soos die kerkbouprogram, die jeug, die bejaardes, die tuin om die kerkgebou.