www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Die inspirasie van die Bybel – Adrio König
Die inspirasie van die Bybel
Die bespreking van die gesag van die Bybel vra vanselfsprekend om ‘n bespreking van die inspirasie omdat die gesag gewoonlik op die inspirasie gegrond word. Omdat die Bybelboeke geïnspireer is, het hulle gesag en is hulle betroubaar.
The Passion of Christ – Kobus Kok
Luanette vra:
Wat dink u van die DVD “The Passion of Christ”? Ek weet nie of ek dit moet kyk nie, is dit verkeerd? Party mense se dis nie reg nie!
2 Korintiërs (4) – Francois Malan
Nuwe probleme in Korinte (10:1-13:10)
Dié vier hoofstukke word beskou as ‘n aparte brief, wat Paulus geskryf het nadat hoofstukke 1-9 gestuur is, op grond van die stuk se literêre eenheid en van Paulus se veranderde streng verdedigende toon teen nuwe teenstanders [Sommige verklaarders dink al 13 hoofstukke was een brief, maar dat Paulus 10-13 bygevoeg het toe hy verder nuus oor die gemeente ontvang het].
Geloofsvrae: Die gesag van die Bybel – Prof Adrio König
Die gesag van die Bybel
Verreweg die meeste Christene heg besondere gesag aan die Bybel. Dit is ook nie vreemd nie omdat dit ons enigste direkte toegang is tot Jesus Christus en die geskiedenis (Ou Testament) wat op Hom uitgeloop het. Veral die Nuwe Testament bestaan uit geskrifte wat direk of indirek hul ontstaan aan die apostels te danke het. Dit is hulle wat spesiaal deur Jesus afgesonder, voorberei, en uitgestuur is om die evangelie te verkondig. Hulle het in hul werk, en daarom in hul geskrifte, onder die leiding van sy Gees gestaan.