Roeping en my laaste lewensdae

image_pdfimage_print

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man – C. S. Lewis

Roeping en my laaste lewensdae

Roeping staan sentraal as ons ons lewens goed wil afsluit. Daar is veral drie groot uitdagings waaraan ons aandag moet gee.

  • Roeping spoor ons aan om steeds doelgerig op ons lewenspad te reis. Ons moet tot aan die einde van ons lewens steeds groei. Nou vind ons dat party ouer mense voel dat hulle niks meer het om te leer nie.  Alles is duidelik; ons het die ondervinding en weet alles.  Dan is daar ander ouer mense wat glo dat hierdie ‘n reis sonder einde is. Die reis is hulle passie. Die reis word nou ‘n doel op sigself. Die Christelike geloof bring ‘n balans tussen hierdie twee sienings. As ons op God se roeping reageer, is ons ‘n volgeling van Jesus Christus. Ons is reisigers met al die gepaardgaande kostes, risiko’s en gevare. Ons kan nooit sê dat ons by ons bestemming aangekom het nie. Ons weet dat ons ons oorspronklike woning verloor het,  maar ons weet na watter woning ons op pad is. Ons kan by die werk aftree, maar ons roeping bly staan. He who thinks that he has finished is finished. Those who think they have arrived have lost their way (Henri Nouwen).
  • Roeping is belangrik vir oud word, want dit verhoed dat ons werk en roeping gelykstel. Roeping is nie wat ons doen nie. As ek my werk verloor, het ek beslis nie my roeping ook verloor nie. Ons sin vir roeping moet hoër, wyer, dieper en langer wees as enige taak wat ons onderneem. Jy mag werkloos wees, maar nooit sonder ‘n roeping nie. Na jare van reis nader ons ons bestemming. Na jare van net sy stem hoor, is ons op pad om sy gesig te sien en om sy arms om ons te voel.
  • God se roeping bemoedig ons om die uitkoms van ons hele lewe aan God oor te laat. Soos G. K. Chesterton op sy unieke manier dit stel: To the question, “What are you?” I could only answer: God knows.”

Die roeping vir ons lewens is om verder, dieper, hoër en altyd nader aan die Here wat ons geroep het en steeds roep, te gaan.

image_pdfimage_print

You may also like...