Sonde

image_pdfimage_print

 “Give people a common enemy, and you will give them a common identity. 
Deprive them of an enemy and you will deprive them of the crutch by which they know who they are.” – James Alison

 

Sonde

Die woord sonde kry ons vir die eerste keer in die Bybel in Genesis 4:7 waar die Here vir Kain sê die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers. Dit is nie die eerste sonde nie. Paulus sê: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom (Romeine 5:12 – 14). Paulus verwys hier na Adam.

 

 Maar wat is sonde? In Genesis 3 is dit Adam en Eva wat vrugte eet van die boom in die middel van die tuin – al het God hulle verbied om dit te doen. In Genesis 4 is dit Kain wat sy broer vermoor. Dwarsdeur die Bybel kry ons verskillende vorms van sonde: leuens, steel, afgodery, owerspel, ens.

 

Wat is die kern van al hierdie optredes? Wat maak hulle nou juis sonde? Dit is opsetlike minagting van God. Sonde se boosheid is nie die skade wat dit aan ander doen nie (al is dit groot), maar minagting vir God.  Toe Dawid owerspel met Batseba pleeg en selfs haar man laat vermoor het, stuur God die profeet Natan na Dawid. Wat sê God deur sy profeet vir Dawid? Hy sê nie vir Dawid dat owerspel en moord sonde is nie. Jy het My geminag toe jy Urija die Hetiet se vrou vir jou gevat het (2 Samuel 12:10).

 

Enige sondige optrede – leuens, owerspel, moord, steel, ens – is die vrugte van die sonde. Die werklik kern is die minagting van God.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...