Hoe kry ek wysheid (7).

image_pdfimage_print

Hoe kry ek wysheid (7).

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop (Spreuke 3:5 – 6).

Onderwerp jou op alle maniere aan God – op elke lewensterrein. Moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ons kultuur sê egter dat ons net op ons eie insigte moet staatmaak. Ons moet alles bevraagteken – selfs die Bybel. Moderne mense glo dat hulle die reg en vermoë het om alles te bevraagteken. Almal glo in een of ander eindgesag. Spreuke sê dat God se woord hierdie gesag moet wees.

 

Die Bybel kan vir jou leiding op alle maniere gee, al is daar nie ‘n spesifieke Bybelvers daaroor nie. As jy jou in die verhaal van die Bybel van die persoonlike God verdiep – HY wat ons gemaak en gered het vir ‘n verhouding met Hom – maak dit elke deel van jou lewe anders lyk, as wanneer jy nie die verhaal glo nie. Jou wysheid groei soos jou daaglikse lewe deur die Bybelse verhaal en die werklikheid van God gevorm word.

Probeer jy die belangrikste temas van die Bybel verstaan – die groter prentjie – eerder as om bemoediging te kry uit individuele Bybelversies?

Ons moenie net God se boek bestudeer nie, maar dit verteer – dit deel van myself maak. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid (Kolossense 3:16).

image_pdfimage_print