Spreuke: Wat is dwaasheid? (6)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is dwaasheid? (6)

Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle wil gaan moord pleeg. ‘n Voël wat ‘n net sien wat vir hom gespan is, vlieg nie daarin vas nie, maar hierdie mense span vir hulleself ‘n net, hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan die met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe (Spreuke 1:16 – 19).

Vandag kyk ons na nog ‘n vorm van dwaasheid; mense wat vir hulleself ‘n strik stel. Selfs die voëls is wyser as die mens wat dink dat hy ‘n leer kan klim deur op ander te trap. Diegene wat verkeerd aan ander doen, wag vir hulle eie val. Hulle vang hulleself in ‘n strik – iets wat die domste dier nie eers sal doen nie.

Die Nuwe Testament sê; wat help dit die mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor (Markus 8:36). As ons genadeloos teenoor ander is; jy laat jou hart se vermoë vir wreedheid en selfsugtigheid los. As hierdie emosies buite beheer is, lei dit to swak besluite. As jy leef om net jouself en nie ander ook tevrede te stel, sal jy altyd ontevrede wees.

Jesus sê vir sy dissipels: Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matteus 16:25). Het jy al ooit iets selfsugtig gedoen wat op jou teruggeslaan het? So ‘n gebeurtenis illustreer die beginsel in die evangelie; Jy moet jouself verloor om jouself te vind.

Ons harte sê vir ons dat die najaag van ons geluk ons primêre prioriteit moet wees. In plaas van geluk soek, moet ons die Here soek. Slegs dan sal ons aan die einde gelukkig wees.

 

image_pdfimage_print