Tegnologie: Ja of Nee?

image_pdfimage_print

 “God is on the move to rescue people from misery to everlasting happiness, which can only be found in him.” – John Piper

Tegnologie: Ja of Nee?

Fokus die kerk te veel op tegnologie? Raak die kerk nie te afhanklik van tegnologie nie? As die evangelie getrou verkondig word en wanneer verhoudings gebou word, is dit tog voldoende. Die probleem: dit help nie as die evangelie verkondig word, maar daar is geen nie-Christene teenwoordig om dit te hoor nie. Sou nie-Christene besluit dat dit wat verkondig word nie relevant vir hulle lewens is nie, is die moontlikheid dat hulle weer sal terugkom maar skraal.

 

Gebruik die kerk die tegnologie wat beskikbaar is om doeltreffend te getuig? Of gebruik ons nog die metodes wat gebruik is deur ‘n geslag wat primêr deur te lees en te hoor geleer het? Bill Tenny-Brittian sê dit is primêr wat gebeur in gemeentes wat nie groei nie. Die leervoorkeure van mense onder 50 jaar vandag is beelde, tegnologie en deelname. Hoe jonger die gehoor hoe belangriker word hierdie tegnologie.

Tegnologie beteken nie noodwendig elektronika nie alhoewel hierdie instrumente algemeen in die bevolking gebruik word. Hulle help, maar hulle bly steeds net instrumente. Die wyer omvang van tegnologie sluit in die inhoud en aanbieding van ons leermateriaal, die keuse en aanbieding van ons musiek, die styl wat ons gaan gebruik om ons leermateriaal aan te bied vir diegene wat ons wil bereik, die plek waar ons bymekaar kom, ens. Dit is waar dat van die elektroniese tegnologie dit makliker maak om hierdie dinge te bereik. ‘n Gemeente hoef nie elke nuwe tegnologie te gebruik nie Soms kan dit selfs in die pad wees … en moet verwyder word.

Deur die nuutste tegnologie te besit en te gebruik, sal nie toelaat dat die kerk groei nie, Maar om die nuutste tegnologie nie te gebruik nie, sal verseker dat die gemeente nie volhoubaar sal groei nie. Tegnologie is nie die verlosser nie, maar dit is ook nie ‘n demoon nie.

image_pdfimage_print

You may also like...