Tuisgemaakte godsdiens

image_pdfimage_print

Tuisgemaakte godsdiens

Hierdie week gaan ek ‘n paar blogs aan Miga spandeer (Rigters 17 en 18). Ek maak onder andere van Tim Keller se kommentaar :Judges for you (God’s word for you), gebruik.

 

Miga neem die afogdneeldjies en plaas dit in sy ie tempel. Hy wy een van sy seuns as priester. God het gesê dat daar ‘n sentrale tabernakel/tempel moet wees. God sou daar teenwoordig wees. Dit is die plek waar die offers gebring word, waar aanbidding plaasgevinsd het en waar die hoëprrister se borsplaat was. Dit is waar God mense se vrae beantwoord het. Die Israeliete kon nie sommer op enige plek aanbid nie. Maaar Miga het sy eie tempel waar hy op sy gemak kon aanbid. Hy maak sy seun priester. Net diegene uit die stam van Levi mag priesters gewees het. ‘n Tempel het tog ‘n priester nodig. Gehoorsaamheid aan God se opdragte in hoe ons Hom moet nader en aanbid word nou opsioneel.

 

Die geloof van God se mense is geopenbaarde geloof. God openbaar Homself in sy woord. Ons ontdek Hom nie deur ons eie rede of ondervindings nie. God sê: “Aanbid my soos Ek is, nie soos jy wil hê dat ek moet wees nie.” Miga en sy familie vorm ‘n God wat gemaklik is om te aanbid. Hulle volg die wette waarvan hulle hou en ignoreer die wette waarvan hulle nie hou nie.

 

Dit is hoe dit lyk in ‘n gemeenskap waar elkeen gedoen het wat reg is in sy eie oë (17:6). Dit beteken nie noodwendig ‘n doelbewust verwerping van God nie. Dit beteken ook nie dat jy nie langer vir God aanbid nie. ‘n Tempel in jou eie huis lyk na toewyding. Dit is egter godsdiens op Israel se voorwaardes volgens elke mens se persoonlike voorkeur. Dit is ‘n godsdiens wat nie oor God en sy waarheid en wil gaan nie, maar oor my idees en voorkeure. Dit is ‘n godsdiens wat God probeer beheer en tem.; om Hom te maak in ‘n beeld waarmee ons gemaklik is. Dit is opwindend, maar nie ‘n godsdiens wat seën en verlossing sal bring nie.

image_pdfimage_print