Vergifnis: Wat beteken dit?

image_pdfimage_print

 

A mere Sunday religion is not enough. A thing put on and off with our Sunday clothes is powerless” – J.C. Ryle

 

Vergifnis: Wat beteken dit?

Daar is sekere woorde wat mense as hulle dit hoor, dink hulle weet wat dit beteken. Vergifnis is een van daardie woorde. Mense in die samelewing dink nie in Bybelse terme aan vergifnis nie. Baie mense dink vergifnis en verskoning het dieselfde betekenis – of selfs nog erger vergifnis en ignoreer is dieselfde.

 

  1. D. Greear sê dat Psalm 32 die toets vir vergifnis is. Die psalmis sê dat diegene wat vergifnis vind daardeur verander word. As ons waarlik vergewe is, begin ons liefde vir God en ons deernis vir ander groei.

 

  • Liefde vir God

Verbly julle in die Here en juig regverdiges, jubel, alle opregtes (Psalm 32:11). Jesus het gesê vir diegene wat baie vergewe is, baie liefhet. Die probleem is dat ons ons sondes vir God probeer wegsteek en daarom nie besef hoe nodig ons sy vergifnis het nie. Maar God vergewe net waar ons eerlik is hoeveel sonde ons het. God se vergifnis begin daar waar ons ophou om altyd die blaam na ander te verskuif. God vergewe as ons verantwoordelikheid vir ons sonde aanvaar en ophou om dit weg te steek. Ek hou hiervan: Cover your sin and God will expose it; expose it, and God will cover it. Charles Spurgeon het gesê: “When we think too lightly of sin, we think too lightly of the Savior. He who has stood before his God, convicted and condemned, with the rope about his neck, is the man to weep for joy when he is pardoned, to hate the evil which has been forgiven him, and to live to the honor of the Redeemer by whose blood he has been cleansed.” Die psalmis sê: Wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde (32:10). Hierdie versekering van God se liefde vir my produseer liefde vir God in my.

 

  • Deernis vir ander

Die eerste sewe verse van die psalm beskryf die psalmis se ondervinding met vergifnis, maar in vers 8 begin hy ander aanpreek. Hy wil mense wat teen sonde stry, help soos hy gehelp is. Mense wat genade ervaar het, praat met ander mense in ‘n teerheid wat uit hulle eie ondervinding van vergifnis vloei.

 

Voel ander wat swak is veilig in jou teenwoordigheid? As jy bewus is van God se genade in jou lewe, sal hulle dit weet. Jy sal nie vinnig oordeel nie, want jy onthou die oordeel wat oor jou kop gehang het Die teken dat jy genade van God ontvang het, is jou bewys van genade aan ander.

 

Erken ons waarlik ons stryd en probleme? As jy die vreugde van vergifnis ervaar het, sal jy nie omgee dat ander mense jou foute raaksien nie – jou blydskap hang nie af om ‘n masker te dra dat jy volmaak is nie.  Aanvaar  jy kritiek? As jy vergewe is, gee jy nie om as ander jou foute uitwys nie. God se genade is jou skuilplek.

 

Hoekom verander vergifnis lewens? Want dit verwyder ons skuldgevoelens. Daardie vergifnis versoen ons met God Die evangelie is ‘n boodskap van versoening sodat ons weer naby aan God kan kom.

 

 

image_pdfimage_print