Voorbereiding vir die erediens

image_pdfimage_print

 

Faith-healing is grand, but faith-enduring is grander. —C.H. Spurgeon

 

 Voorbereiding vir die erediens

 Sondagoggende is ‘n gejaag om almal betyds by die kerk te kry. Maar luister wat sê die Here vir Moses:  Gaan terug na die volk toe. Laat hulle hulle vandag en môre reinig en laat hulle hulle klere was. Hulle moet oormôre gereed wees, want dan sal Ek, die Here, na Sinaiberg toe afkom (Eksodus 19:10 – 11).

Wat sê hierdie verse vir ons? Ons moet ons voorberei vir ‘n ontmoeting met die Here. Maar hoe berei ons ons voor vir Sondagmôre?

1.Deur die Bybel te lees.

 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid (Johannes 17:17). Die woord van God berei ons voor om te aanbid. Omdat ons “nie tyd het nie” lees ons nie Sondagoggende die Bybel nie. Is dit nie dalk hoekom  ons nie veel uit die prediking kry nie?

2.Deur nadenke

 Maar waaroor moet ons nadink? God se skepping – Hy wat skep kan voorsien; God se heiligheid – om daaroor na te dink, maak ons nederig; God se liefde toe hy ons verlos het – niks kan ons daarvan skei nie; die heerlikheid van ‘n toekoms saam met God – die aardse dinge gaan verdwyn en ons sien God in al sy heerlikheid.

3.Deur gebed

 As ons bid, moet ons bid vir die prediker en die woord wat hy gaan verkondig – dat dit vrug mag dra; dat dit ons mag versterk; dat dit ons denke sal verlig. Ons moet bid dat Hy teenwoordig sal wees. Ons moet ook vir ander bid

  

Ons kla oor die prediker en die preek – ons het niks daaruit gekry nie. Is dit nie dalk omdat ons ons nie voorberei het nie?

 

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...