Vrygewigheid – foute wat ons maak

image_pdfimage_print

A person who is a good and true Christian should realize that truth belongs to his Lord, wherever it is found – Augustinus.

 

Vrygewigheid – foute wat ons maak

Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: Hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Korintiërs 8:9). As ons verstaan wat Jesus gegee het om ons te red, sal ons gewillig en blymoedig gee.

 

 

As dit kom by gee, maak ons twee basiese foute:

  • God wil 10% hê en daarna kan ek met die ander 90% doen wat ek wil. Ander verwys selfs na Maleagi 3:10 om God te oorreed om die 90% nog meer te maak: Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe … Toets My of ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Die gee van die tiende is as ‘t ware ‘n beleggingsplan – ons gee vir God sodat ons meer kan kry. Ons moet gee uit dankbaarheid vir alles wat God vir ons gegee het – alles en nie volgens reëls nie
  • Die enigste ding wat jy met jou geld moet doen, is om dit vir die armes weg te gee – daar is altyd nog arm mense. As jy nog iets het wat jy kan weggee en nog oorleef … gee dit weg. Ons moet op die absolute minimum oorleef. Hier is ‘n paar probleme met hierdie benadering:
  1. oDaar is geen praktiese einde aan hierdie manier van dink nie. Wanneer is genoeg genoeg?
  2. oHierdie benadering veronderstel dat God ons geld nodig het. Hy het nie. Hy maak genoeg kos vir 5 000 gesinne van vyf broodjies en twee vissies.
  3. oHierdie benadering, ten spyte van sy geestelike taal, is ‘n vorm van verpligte gee. Ons voel skuldig en daarom gee ons. Ons moet blymoedig gee as gevolg van God genade. In Lukas noem Jesus by drie geleenthede verskillende bedrae wat gegee moet word: vir die ryk jongman sê Jesus dat hy alles moet verkoop en die geld aan die armes moet uitdeel (18:22); Saggeus gee die helfte van sy goed vir die armes en Jesus sê dat dit goed is (19:9). Daar is geen vasgestelde standaard nie.
  4. oDie benadering is nie in ooreenstemming met ander dinge wat die Bybel ons oor God se doel met ons besittings leer nie. God het ander doelstellings met geld behalwe om dit weg te gee.

 

In die volgende blog kyk ons ‘n bietjie verder hierna.

image_pdfimage_print

You may also like...