Hoe moet ek gee?

image_pdfimage_print

To cover up the sun would be easy work compared with the covering up of sin.—C.H. Spurgeon

Hoe moet ek gee?

Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te help nie;  maar sodat daar ewewig sal wees , moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig (2 Korintiërs 8:13 – 14).

Ons hoor dikwels: As jy nie die taak kan voltooi nie, moes jy dit nooit begin het nie; of: ‘n Taak wat die moeite werd is om te doen, is die moeite werd om goed te doen; ens. Al hierdie sêdinge wys vir ons om ‘n taak goed te voltooi, wys is. Daar is geen beloning vir ‘n taak wat nie voltooi is of wat nie uitstekend voltooi is nie.

 

Die Korintiërs was gewillig om by te dra vir die insameling vir die gemeente in Jerusalem. Hulle het selfs daarmee begin. Paulus moedig hulle nou aan: Maak die werk nou ook klaar. Gretigheid om te begin, moet gepaard gaan met die bereidwilligheid om klaar te maak. Dit geld ook vir Christelike vrygewigheid.

Paulus moedig hulle nie net aan om te gee nie, maar herinner hulle aan ‘n paar belangrike beginsels aangaande gee:

  • Gee volgens wat jy het. Party mense huiwer om te gee, want hulle voel hulle kan nie so baie soos ander gee nie. Luister wat sê Paulus: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie (8:12).
  • Die doel van gee is sodat daar ewewig sal wees (8:13). Paulus haal dan Eksodus 16:18 aan: Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met ‘n bietjie, nie te min nie. Hierdie aanhaling het betrekking op God se opdrag oor die bymekaarmaak van manna. Elke persoon het genoeg vir sy behoeftes gehad en hulle is beveel om dit nie op te gaar nie. Die geloofsgemeenskap, die liggaam van Christus, is hier van belang. Daar is net een liggaam. Daarom laat die oorvloed van party voorsien in die behoeftes van ander.

Daar is geen alleenlopers in die liggaam van Christus nie. Baie van ons is met hulpbronne geseën wat ons in staat stel om ander daarmee te seën.

image_pdfimage_print

You may also like...