Vyf wanbegrippe oor die Nuwe Testament

image_pdfimage_print

Vyf wanbegrippe oor die Nuwe Testament

  1. Die evangelies gee teenstrydige berigte oor Jesus se lewe, dood en opstanding

Ooggetuies se verslae oor dieselfde gebeurtenis is baie selde presies dieselfde. In die evangelies is daar baie meer ooreenkomste as verskille. Waar daar wel verskille is, is dit onbeduidend en verander nie die basiese verslag beduidend nie. Dit sou meer suspisieus gewees het as almal presies dieselfde besonderhede vertel het. Dit sou gelyk het of hulle vooraf saamgespan het om die verhaal reg te kry.

 

  1. Paulus en Jesus leer verskillende dinge

Mense argumenteer dat die evangelies vol van Jesus se onderrig oor die koninkryk van God is, terwyl Paulus se fokus op regverdigmaking is. Leer Paulus nie hier iets wat Jesus nooit geleer het nie. Hierdie beredenering verstaan nie hoe openbaring in die Bybel werk nie. Openbaring werk op ‘n organiese stap vir stap manier en nie sommer alles op een slag nie. Jesus het onthul waarop die apostels gebou het. Jesus het sekere dinge onthul waarop die apostels onder leiding van die Heilige Gees gebou het. Dit is ook moontlik dat ‘n konsep teenwoordig is al is daar nie noodwendig ‘n spesifieke woord wat die konsep beskryf nie. Jesus het duidelik geleer dat verlossing net deur Hom moontlik is (Johannes 3;16 – 17; Johannes 14:6) al gebruik Hy nooit die woord regverdigmaking nie. Paulus leer ook dat Christene wat op Christus vertrou ‘n ewige erfenis het, dat hulle kinders van God is en dat hulle sal opstaan as Jesus Christus weer terugkom. Al hierdie dinge is elemente van die koninkryk van God wat verkondig is.

 

  1. Jakobus en Paulus leer twee verskillende verlossings

Dwarsdeur sy briewe beklemtoon Paulus verlossing deur geloof alleen. Ons kry die veral duidelik in sy briewe aan die Romeine en die Galasiërs. Jakobus verkondig skynbaar ‘n teenstrydige verlossing van geloof en werke (Jakobus 2:14 – 17). Jakobus ontken nooit dat geloof noodsaaklik vir verlossing is nie. Sy fokus op weke is om te wys dat lewende geloof, soos ‘n lewende boom vrugte dra. Geloof wat dood is, dra nie vrugte nie en is dus waardeloos. Dit ontken nie verlossing deur geloof nie, maar beklemtoon net dat verlossing en heiligmaking verbind is. Verlossing kom altyd eerste as optrede van God terwyl heiligmaking later kom as die voortgesette werk van God.

 

  1. Die Christelike geloof is ‘n primitiewe godsdiens geskep om di behoeftes van die gemeenskap te pas

Die argument is dat die apostels Jesus geredigeer, aangepas en verander het om die behoeftes van die gemeenskap te pas. Dit is onwaarskynlik. Die evangelies is nie lank na Jesus se hemelvaart geskryf nie. Dit was ‘n tyd toe baie mense wat vir Jesus geken het nog gelewe het. Dit is onwaarskynlik dat die apostels Jesus se teologie sou verander het terwyl daar nog mense was wat kon gesê het hulle jok.

 

  1. Die Bybel moet foute hê, want daar is variante tussen die manuskripte

Die ooreenkomste tussen die kern onderrig van die Nuwe Testamentiese manuskripte is ver meer as die verskille. Die verskille is so klein dat dit nie betekenis van die teologie op ‘n betekenisvolle wyse verander nie. Dit is merkwaardig as ons dink hulle is moeisaam per hand gekopieer. Baie van die variasies is kopieerfoute wat ‘n enkele woord uitlaat of die orde van twee woorde omdraai – Jesus Christus en Christus Jesus. Ons weet wat die oorspronklike manuskripte gesê het, want ons het so baie kopieë wat almal dieselfde ding sê.

 

.

image_pdfimage_print