Waar is die hemel?

image_pdfimage_print

Waar is die hemel?

John Piper hanteer ‘n rubriek Ask Pastor John. Hy het die volgende vraag gekry: Waar is die hemel tans?

 

As ons bid: Ons Vader wat in die hemel is … impliseer ons dat die hemel is waar God die Vader is. Voor die skepping was daar geen materiële heelal nie. Voor die skepping was daar geen ruimte en tyd nie.

 

Paulus verwys drie maal na God se optrede voor die skepping: Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid (1 Korintiërs 2:7). Ons kan met vertroue sê dat waar God woon is nie ‘n geografiese plek wat ons met ‘n ruimteskip kan bereik nie.

 

As die hemel is waar God woon, is dit tegnies nie ‘n plek soos ons ‘n plek verstaan nie. Waar God ook al was toe Hy die heelal gemaak het, is waar Hy steeds is. Hy is buite die heelal in ‘n werklikheidsdimensie wat by sy wese en bestaan pas. As ons verstaan dat daar op ‘n stadium niks was nie behalwe God nie. Niks nie. Geen ruimtelike dimensie nie – geen op en geen af  en geen sywaarts nie. Die enigste werklikheid was God. God is buite die heelal. Die feit dat ander dinge bestaan, is omdat God dit gemaak het. Hy staan los van hierdie dinge dit is waar die hemel is – buite die materiële heelal soos ons dit ken en wat Hy gemaak het.

 

Daarom lees ons in die Bybel dat God bo die hemele verheerlik is. Dink aan die hoogste hemel tot aan die einde van die heelal – God is anderkant dit, bokant dit, onder dit, oor dit en buite dit, dit is die hoogste en ware hemel.

Wat nou van die menswording van God in Jesus Christus. Hy was by God van altyd af. Hy is by God en Hy was van ewig af God. Hy was van altyd af daar. Hy is nie gemaak nie. Volgens Johannes 1;14 het Hy mens geword. Hy het ‘n menslike wese aangeneem en het ‘n fisiese liggaam gehad. Hy het ook fisies uit die dood uit opgestaan sy vriende het Hom herken. Om te bewys dat Hy nie ‘n gees was nie, het Hy vis geëet (Lukas 24:43).

 

Toe vaar Hy op na die hemel en die engel sê vir die dissipels wat kyk na Jesus se hemelvaart: Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het (Handelinge 1:11). Jesus het reeds vantevore gesê: van nou af sal julle die Seun van die mens sien waar Hy aan die regterhand sit van Hom wat magtig is en julle sal Hom sien kom op die wolke van die hemel (Matteus 26:64).

 

Dit beteken dat Jesus, al het Hy ‘n liggaam by God in die hemel is Hoe is dit moontlik? Deel van die antwoord kry ons in 1 Korintiërs 15:42 – 44: So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; wat gesaai word is gering en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word is swak en word in krag opgewek. ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, en ‘n geestelike liggaam word opgewek.

 

‘n Geestelike liggaam? As daar ‘n natuurlike liggaam is, is daar ook ‘n geestelike liggaam. Ons opstanidIngsliggaam sal dieselfde wees, want Jesus is die eerste vrugte van ons opstanding, dit is nie net ‘n natuurlike, fisiese liggaam nie. Daar is ‘n mate van kontinuïteit met die liggame wat ons het, maar dit is ook verskillend – ‘n geestelike liggaam en ons weet nie werklik wat ‘n geestelike liggaam is nie. ‘n Geestelike liggaam gaan verder of is bo die gewone ondervinding van ruimte. Ons weet dat Jesus na sy opstanding op onverwagte maniere verskyn het. Hy het oënskynlik deur mure en toe deure gegaan, maar Hy was nie ‘n spook nie – Hy eet vis. Daarom, ons is onseker oor wat ‘n geestelike liggaam is.

 

Die hemel is die plek war God woon en waar die opgestane Christus as sy regterhand sit. Christus bring die mensheid – sy eie mensheid – in die teenwoordigheid van God op ‘n tasbare manier op ‘n manier wat ons nie kan verstaan nie. Die belangrikste wat ons hiervan kan sê is soos Paulus in Filippense 1;23 Sê: Ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.

 

Hemel vir ons na die dood en voor die opstanding is om by Christus te wees. Dit is baie beter as enigiets hier. By die opstanding sal daar ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wees. God sal neerdaal (ons verstaan dit nie); HY al by ons woon en vir ons ‘n God wees.

 

 

image_pdfimage_print