Wat is dwaasheid (5)

image_pdfimage_print

Wat is dwaasheid (5)

Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie ‘n leier nie, nie ‘n opsigter of regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer. Nog ‘n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou, soos ‘n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos ‘n inbreker (Spreuke 6:6 – 11).

Nog ‘n vorm van dwaasheid in Spreuke is die luiaard. Die wyses is selfbeginners. Al wat hulle nodig het is interne motivering en nie dreigemente om hulle werk te doen nie.  Wyses is nie impulsief nie. Daarteenoor, maak die luiaard voortdurend verskoning vir klein misstappe. Drie maal word na ‘n bietjie in ons teks verwys. Dan is hy verbaas as die armoede hom oorval. Hy mislei homself deur die klein oorgawes. Sy geleenthede sluip sentimeter by sentimeter en minuut by minuut weg

 

Baie mense vandag is immuun teen harde werk. Wat eens goeie redelike werke was, word nou as werk wat onredelike eise stel. Luister na Jesus: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook (Johannes 5:17).

Is daar ‘n deel van jou lewe wat besig is om weg te glip omdat jy nie daaraan werk nie?

Natuurlik is te veel werk net om sukses te behaal en ander tevrede t stel ook verkeerd. Dit is net so verkeerd om lui te wees. Ek het Goddelike hulp nodig om die balans te handhaaf.

[ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom or Navigating Life gebruik]

image_pdfimage_print