Woorde uit die Bybel – Heiligheid (2)

image_pdfimage_print

The truths that I know best I have learned on my knees. I never know a thing well, till it is burned into my heart by prayer. —John Bunyan

 

Woorde uit die Bybel – Heiligheid (2)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 

Die heiligheid van die mens

Heiligheid is die mens se reaksie tot God as sy God in die verbondsverhouding. Julle moet uitsonderlike mense wees wat met alles wat julle het, vir My lewe (Eksodus 22:31); Julle moet net vir My lewe. Ek, die Here julle God, is die enigste God wat daar is (Levitikus 19:2). Ook in die Nuwe Testament kry ons dieselfde: Almal wat julle deur die Heilige Gees laat lei, is kinders van God. As julle hierdie keuse maak, is julle nie langer slawe van dinge soos angs en vrees nie (Romeine 8:14).

 Wat beteken dit in die praktyk? Hierdie nuwe lewenstyl moet julle deel van julle lewe maak soos ‘n mens nuwe klere aantrek. Ons nuwe lewe moet ons al hoe meer soos God laat lyk; ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy (Efesiërs 4:24); Leef soos mense wat eenkant geplaas is om God voltyds te dien (Romeine 6:19).

 Ons praat hier nie van ‘n gevoel of ‘n belewenis nie, maar van ‘n lewenstyl wat verander. Die lewe sentreer nie meer op die dinge van die bose nie. Dit beteken nie dat die gelowiges hulle uit die samelewing moet onttrek nie – in kloosters gaan woon nie. Ons moet hierdie nuwe lewenstyl in die samelewing uitleef.

 Ongelukkig, vir die moderne mens, het heiligheid ‘n negatiewe betekenis – ‘n soort passiewe lewe. Dit is nie wat die Bybel sê nie.

 Volgende keer gaan ons na die gawe van heiligheid kyk.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...