Woorde uit die Bybel – Sonde (2)

image_pdfimage_print

Remember that you are not so good, and the world not so evil – Rabbi Zev Wolf

 

Woorde uit die Bybel – Sonde (2)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 

Sonde  

Wat is die aard van sonde? Die woord sonde beteken dat ek die teiken mis of dat ek nie die standaard bereik nie of dat ek nie gesag gehoorsaam nie. Waarna ons hier verwys, is God se teiken /standaard/ gesag. In Eksodus 32 lees ons dat die Here vir Moses beveel om dadelik na die volk terug te keer, want hulle is besig om lelike dinge te doen –  hulle het vir hulle ‘n goue kalf gemaak en is besig om die kalf te aanbid: Hulle was baie vinnig om te vergeet hoe ek wil hê hulle moet lewe (32:8). Ons was almal soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies (Jesaja 53:6) – sonde is om jou eie pad te loop.

 Wat is die essensie van sonde? Om soos God te wil wees. Jy leef vir jouself en nie vir God nie; jy probeer so ver as moontlik onafhanklik van Hom te wees. Augustinus sê die kern van sonde is trots. Daarom weier ons om God te verheerlik en te aanbid. Ons is daarop ingestel om onsself teenoor God en ons medegelowiges te handhaaf.

 Sonde is versteurde verhoudings – ons vertikale verhouding met God en ons horisontale verhouding  met ons medemense.

 

Volgende keer kyk ons na die stand van sonde.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...