Alles kom tot niks (1)

image_pdfimage_print

 

If there is a God, of course he would know things that I can’t know about what’s best for me – Tim Keller

 

Alles kom tot niks (1)

The Gospel Coalition is besig met ‘n reeks oor verwarrende gedeeltes uit die Bybel. Kundiges verduidelik hierdie gedeeltes. Vandag kyk ons na Tremper Longman se hantering van Prediker 1:2.

 

Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.

Om die boek te verstaan, moet ons verstaan dat ons hier twee sprekers met verskillende boodskappe het. In die grootste deel van die boek praat die persoon in die eerste persoon – Ek, die Prediker (1:12 – 12:7). Maar daar is ook ‘n tweede spreker wat van die Prediker praat (1:1 – 11 en 12:8 – 14).

 

Die boodskap van Prediker

Eenvoudig gestel is die boodskap: “Die lewe is moeilik en dan sterf jy.” Hy het probeer betekenis van die lewe kry in wysheid, plesier, werk, rykdom, status en verhoudings – sonder sukses. Daar is drie faktore wat die lewe sonder betekenis maak:

  • Die dood – jy word oud en jy sterf. Die Prediker het geen vertroue in ‘n lewe na die dood nie. die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het (12:7).
  • Ongeregtigheid – as daar dan geen lewe na die dood is nie, mag betekenis dalk gekry word uit belonings in hierdie lewe vir die regverdige en wyse persoon. Dit werk nie so nie: ‘n Regverdige gaan onder al doen hy reg, ‘n goddelose geniet ‘n lang lewe al doen hy verkeerd (7:15).
  • Die mense se onvermoë om die regte tyd te onderskei. Dit word goed beskryf in die bekende gedig wat in 3:1 begin: Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. Wysheid in die Bybel word bepaal deur die wysgeer se vermoë om die regte woord en die regte tyd vir die regte optrede te onderskei. Volgens die Prediker het God alles vir ‘n bepaalde tyd gemaak, maar: Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie (3:11).

 

Daarom is daar geen betekenis in die lewe nie Die beste wat die mens kan doen onder hierdie omstandighede is om in die lewe te gryp wat jy kan (2:24 – 26; 3:12 – 14, 22; 5:18 – 20; 8:15; 9:7 – 10). [Carpe diem =  gryp die lewe.] Diegene wat die lewe aangryp kan hulle ten minste tydelik onttrek uit die harde werklikheid van die lewe.

 

Is die Prediker Salomo?

Prediker is nie die skrywer se regte naam nie. Dit assosieer hom met Salomo. Dit is egter onwaarskynlik dat die Prediker Salomo is. As die Prediker dan Salomo is hoekom gebruik hy ‘n skuilnaam? Daar is ook baie gedeeltes waar die Prediker van die koning as ‘n derde party praat (1:16a; 4:1 – 3; 5:8 – 9; 10:20). Die boodskap van die boek is ‘n waarskuwing dat ons nie met die illusie as ek net meer geld/rykdom/wysheid gehad het, sou ek tevrede met my lewe gewees het, kan leef nie.

 

Volgende keer kyk ons verder na Prediker.

 

 

image_pdfimage_print