Ambisie: Goed of sleg

image_pdfimage_print

“Are you a champion of Christ on Twitter, but not in your neighborhood?” Michael Oh

Ambisie: Goed of sleg

Baie leiers bereik nooit hulle volle potensiaal nie, want hulle gaan deur die lewe op stuuroutomaat. Hulle behou die status quo sonder enige ambisie; hulle het geen meesterplan en geen drome wat hulle vorentoe trek nie. As jy ‘n leier wil wees, moet jy groot drome droom. As jy ophou droom, begin jy doodgaan; as jy geen doelwitte het nie, groei jy nie. God het aan jou die vermoë gegee om groot te droom. As jy groei en ontwikkel is jy ‘n gesonde mens. Ons groei deur nuwe uitdagings te hanteer.

 Volgens Rick Warren is daar drie algemene dwalings wat verhoed dat mense ‘n lewensambisie het. Ons kry hulle baie algemeen is kerkleiers:

God wil hê dat ons nederig moet wees, maar Hy wil nie hê dat ons bang moet wees nie. Vrees verhoed dat jy betekenisvolle dinge doen. Elke leier is uniek met unieke geestelike gawes, passie, vermoëns, persoonlikheid en ondervindings. God se begeerte vir hoe ‘n leier die wêreld om hom sal beïnvloed, word deur hierdie uniekheid bepaal. Maar jy moet al die invloed wat Hy vir jou sal gee begeer sodat jy ‘n so groot as moontlike impak sal maak vir die onthalwe van die koninkryk van God. Nederigheid beteken nie dat ek aanvaar dat ek nie ‘n groot leier kan wees of ‘n groot impak kan maak nie. Dit is vrees. Vrees stroop ons van die vermoë om groot dinge wat die wêreld sal verander, te doen. Nederigheid beteken dat ek my identiteit soos gedefinieer deur my Skepper verstaan. Vrees hou ons terug; ware nederigheid laat ons vorentoe gaan, want ons glo dat ons ‘n groot God dien.

 

Ek is en bly altyd tevrede, wat my ook al tref (Filippense 4:12 – Die  Boodskap)

Dit beteken beslis nie dat Paulus geen ambisie of doelwitte het nie. Baie leiers glo hierdie vers beteken dat hulle tevrede moet wees met alles wat hulle kry – geen ambisie nie. Nee, leiers moet leer om tevrede te wees met waar hulle gemeente tans is. As ons tevredenheid as ‘n verskoning vir luiheid gebruik, wie gaan dan uitreik na kerklos mense; wie gaan na die armes uitreik; wie gaan baklei vir geregtigheid. Ons mag nie tevredenheid met luiheid verwar nie.

  • Ons verwar klein denke met spiritualiteit

Satan is ‘n kundige om ons so ver te kry om klein te dink. In bediening wil ons so veel mense as moontlik vir Christus bereik en ons wil hê dat hulle so diep as moontlik moet groei. Ons wat ‘n groot God aanbid, moet groot verwagtings hê van wat God kan en wil doen deur ‘n leier wat aan Hom oorgegee is.

Ons word dikwels geleer dat ambisie sleg is. Daar is niks verkeerd met ambisie nie, mits ons dit reg hanteer.

image_pdfimage_print