Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?

image_pdfimage_print

Every yielding to sin is a welcoming of Satan into our very bosoms. —Thomas Brooks

Apologetiek: Hoekom is die redelikheid van die Christelike geloof belangrik?

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Dit is baie moeilik om idees wat teen die grein van die dominante kultuur se denke gaan, te verdedig. Ons kan nie geloof verdedig as dit irrasioneel  voorkom nie.

Wat beteken dit om die redelikheid van die geloof te bewys? Jy is in staat om te bewys dat daar goeie gronde is om te glo dat geloof betroubaar is – byvoorbeeld deur te wys die Christelike geloof maak sin van dit wat ons waarneem en ondervind. Die Christelike geloof word gesien as ‘n lens wat dinge in fokus bring – dit verlig die werklikheid beter as alternatiewe verduidelikings. Jy bepaal nie die krag van ‘n ligbron deur na die gloeilamp te kyk nie, maar deur hoeveel voorwerpe verlig word. Die waarde van ‘n godsdienstige lewe word waardeer deur hoe dit die dinge van hierdie wêreld verlig.

Dus: daar is goeie redes om te glo die Christelike geloof is waar en een van hulle is die mate waartoe dit sin maak van die dinge wat ons om ons en in ons sien. If you see things as they are from the place where you’re standing, you’re standing in the right place (Brian Leftow).

Beide die wetenskap en die Christelike geloof wil die beste getuienis, wat berus op bewyse om te verduidelik wat ons in die wêreld waarneem en ondervind, vind.  Is geloof in God ‘n redelike reaksie op die werklikheid? Om onsself te beperk tot wat die rede en die wetenskap kan bewys, beteken ons kyk net na die oppervlak van die werklikheid en ontdek nooit die dieptes daaronder nie. Geloof reik uit na waarhede , maar beperk hom nie tot waar die rede stop nie.

image_pdfimage_print

You may also like...