Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Israel

Die Groot Geloofswoordeboek: Israel

Israel

Israel is die volk wat die Here uitverkies het om sy volk te wees. Hy sal hulle God wees wat vir hulle sorg, en hulle sy volk wat Hom dien. (*Verbond) Maar daar is misverstande moontlik. Israel was nie ‘n bestaan­de volk wat deur die Here gekies is en wat Hy sy volk gemaak het nie. Daar was glad nie so ‘n volk nie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Inkarnasie

Die Groot Geloofswoordeboek: Inkarnasie

Inkarnasie

Dit kom van die Latynse woorde (in carnis) wat “in die vlees” beteken. Dit word gebruik vir Jesus. Die gedagte is dat Hy voor sy geboorte alreeds bestaan het as die ewige Seun van God, en toe ‘n mens geword het (“in die vlees gekom het”) deur uit Maria gebore te word. Hy is “geïnkarneer”.

Die Groot Geloofswoordeboek: Historiese Jesus

Die Groot Geloofswoordeboek: Historiese Jesus

Uit die Duitse teologie kry ons die teenstelling: die historie­se Jesus en die verkondigde Christus. Onder “die historiese Je­sus” is be­doel Jesus soos Hy regtig was en geleef het, terwyl on­der “die verkondigde Christus” bedoel is die boodskap wat die vroeë Chris­tene oor Hom verkondig het.

image_pdfimage_print