Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Verhouding Ou en Nuwe Testament

Die Groot Geloofswoordeboek: Verhouding Ou en Nuwe Testament

Verhouding Ou Testament-Nuwe Testament

Tradisionele formules

Tradisioneel word minstens drie skemas gebruik om die ver­houding tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament te ver­duidelik: óf dié van belofte en vervulling, óf dié van ou verbond en nuwe verbond, óf dié van wet en evangelie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Vergifnis

Die Groot Geloofswoordeboek: Vergifnis

Vergifnis

  • God se vergifnis Ons vergifnis

Die vergifnis van sonde is een van die juwele in die evangelie. Daar is mense wat meen dit is een van die diepste verskille tussen die evangelie en Islam. Albei het duidelike wette en eise, maar daar is min sprake van liefde, genade en vergifnis in Islam.

Die Groot Geloofswoordeboek: Verbond

Die Groot Geloofswoordeboek: Verbond

Verbond

(*Sonde en genade)

  • Abrahamverbond Die ou verbond en die nuwe verbond Verbondshoof Verbondskinders

‘n Mens kan die hele evangelie in terme van die verbond verstaan. Dit loop soos ‘n goue draad deur die hele Bybel. Maar ‘n mens moet ook verduidelik wat jy onder “die verbond” verstaan.

Die Groot Geloofswoordeboek: Vaevuur

Die Groot Geloofswoordeboek: Vaevuur

Vaevuur

Die *Katolieke Kerk leer dat daar ‘n vaevuur (purgatory) is waar die siel die finale reiniging kry voordat dit voor God kan staan en Hom van aangesig tot aangesig sien. Hulle is oortuig dat geen mens volmaak en sonder enige sonde sterf nie, en dat elkeen dus nog ‘n finale reiniging nodig het.

image_pdfimage_print