Category: Bybelse Temas en Sake
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(5) – Hennie Stander
Die reël van huwelike
Jongmense het gewoonlik nie self besluit met wie hulle sou trou nie. Dit was dikwels ‘n geval van eers trou en later liefhê. Nogtans het dit tot redelike stabiele huwelike gelei (sien byvoorbeeld Genesis 24:67). Die jongman kon wel ook sy voorkeure bekend maak (Genesis 34:4; Rigters 14:2), maar by kon ook self die besluit neem, selfs teen die wense van sy ouers (Genesis 26:34-35). Die praktyk om huwelike te reël het nie beteken dat die gevoel van die partye wat daarby betrokke was heeltemal misken is nie (Genesis 24:58), of dat daar nooit liefde voor die troue bestaan het nie (Genesis 29:10-20).
God en Allah: Is hulle dieselfde? – Francois Malan
Francois vra:
Is die God (vader van Jesus Christus) en die God wat die Moslem aanbid, dieselfde God. Volgens my dominee is dit nie. Die God van die Bybel word blykbaar anders beskryf/voorgestel as die van die Moslems. Allah is mos maar net `n ander naam as God.
Die Here se wil – Francois Malan
Jan vra:
‘n Persoon lewer ‘n getuienis en sê dat hulle kind van 15 maande raak weg uit die geselskap en toe hulle begin soek staan die hekkie na die swembad oop en die kind dryf gesig na onder in die water. Toe hulle hom uithaal is hy reeds potblou en alles wat hulle doen help niks. Dokter toe, hulle pogings rig ook niks uit nie behalwe dat hulle vir die kind bid. Intussen bel die ouers al hulle kennisse om vir gebede vir die kind te vra. Duidelik kom boodskappe deur dat die kind sal lewe. Na ‘n tyd begin die die hartjie te klop maar die kind is in ‘n koma. Wakker word tyd sal 9 uur wees maar die dominee sê kom ons vra die Here vir 6 uur. So is dit toe en die kind word wakker.
Die Eerste Brief van Johannes: dinge van die wêreld Die derde vereiste om in die lig te kan lewe: verwerp wêreldsgesindheid en oorwin die bose (vervolg) (b) dinge van die wêreld (2:15-17) – Francois Malan
In verse 12-14 was die werkwoorde in die voltooide tyd – wat God reeds aan die gelowiges gedoen het, en waarvolgens hulle nou lewe. In verse 15-17 is die werkwoorde waarskuwings wat in die teenwoordige tyd gegee word, waarvolgens hulle nie behoort te lewe nie. Waar 12-14 telkens in drie parallelle frases die nuwe orde bespreek, wat met Jesus se koms aangebreek het, verwys verse 15-17 in drie parallele frases na die ou orde wat nog voortbestaan tot die wederkoms van Jesus, en die verhouding van die gelowige teenoor die voortgaande ou bedeling: