Category: Bybelse Temas en Sake
Judas word uitgewys (13:26-30) – Francois Malan
13:26 In aansluiting by v18 se aanhaling uit Ps 41:10 ‘hy wat my brood eet’ gee Jesus ‘n aanduiding van wie die verraaier is. Soos Hy gesê het, breek Hy ‘n stukkie brood, doop dit in die bitter kruiesous van die paasmaal en gee dit vir Judas, seun van Simon, die man Kariot – ‘n teken van intieme tafelgemeenskap wat aan Judas aangebied word, as ‘n laaste beroep op Judas om van sy plan af te sien (Judas het waarskynlik net agter Jesus of regoor Hom gelê, binne reikafstand).
Poligamie: Dawid en Salomo – Marius Nel
Alwyn vra:
Ek wil graag weet – Dawid was ‘n groot Bybelse figuur en Godsman, soveel so dat Jesus uit sy nageslag gebore was. Waarom het het hy en Salomo so baie vroue gehad ten spyte van die feit dat God vir Adam net Eva gegee het as vrou en vir Noag en sy seuns elk net een vrou in die ark toegelaat het. Waar het die reg geword om meer as een sielsverbintenis te mag hê.
Jesus weet van die verraaier (13:18-24) – Francois Malan
13:18 Soos 13:10 se ‘maar nie almal van julle (is rein nie)’, word hier dieselfde uitsondering gemaak: ‘Ek praat nie van julle almal (as gelukkiges/geseëndes) nie.’ Ps 41:10 wat aangehaal word, beskryf heel gepas die vreeslike waarheid dat dit niemand anders is nie as een ‘wat my brood eet’ (Vaticanus 4e eeu; volgens papirus 66 van 200 n.C., Sinaiticus 4e eeu: ‘wat met my brood eet’ ), m.a.w. ‘n intieme metgesel, wat sy hakskeen teen sy Leermeester/Eienaar/ Sender opgelig het (1983-vertaling: in die rug gesteek het) – aan sy vyande oorgegee het.
Satan se gesag – Francois Malan
Hans vra:
In Lukas 4 vers 5 en 6 bevestig Satan aan Jesus, met verwysing na die koninkryke, dat al hierdie mag aan hom (satan) oorgegee is. Is dit soos hy beweer?