Category: Bybelse Temas en Sake
Alle Paaie lei na Jesus: Het alles presies so gebeur? – Adrio König
4.7 Het alles presies só gebeur?
Dit lyk of die twee skeppingsverhale nie noukeurige beskrywings is van hoe God alles geskep het nie. ’n Hele paar trekke van die verhale wys in hierdie rigting. “Adam” en “Eva” is Hebreeuse name terwyl Hebreeus maar ’n jong taal was. Eers van Genesis 12 af is sprake van Abraham uit wie God dan Israel laat voortkom het. Eers daarna kon Hebreeus ontstaan het.
Alle Paaie lei na Jesus: Die sorg van die Here – Adrio König
4.6 Die sorg van die Here
’n Laaste belangrike saak is die merkwaardige sorg van die Here vir die mens. Juis dit maak hierdie verhaal ’n besondere verbondsverhaal. Die Here plant ’n wonderlike tuin waarin Hy die mens “tot rus bring”, om dit te bewerk en te bewaak. As ’n mens onthou hoe droog groot dele van Israel in daardie tye was, is die water en die vrugtebome oorweldigend. Daar loop ’n rivier wat buite die tuin in vier groot riviere verdeel. Dis ’n simbool van oormaat. So iets was eenvoudig onbekend in Israel. En die vrugtebome! Daar was seker geelperskes.
Alle Paaie lei na Jesus: Genesis 2 – Adrio König
4.5 Genesis 2 – ’n verbondsverhaal?
Die verhouding tussen Genesis 1 en Genesis 2
Ons het in Genesis 1 en Genesis 2 twee verskillende verhale oor die skepping. Eintlik is die eerste verhaal nie net Genesis 1 nie, maar Genesis 1:1-2:4a, en die tweede verhaal begin dan by Genesis 2:4b. ’n Mens merk dadelik dat dit ’n ander verhaal is. In Genesis 1 is van “God” gepraat, in Genesis 2 van “die Here God”. Verder begin die eerste verhaal met die skepping van “die hemel en aarde”, maar die tweede verhaal met die skepping van “die aarde en die hemel”.
Alle Paaie lei na Jesus: Skepping of Skepper? – Adrio König
4.4 Skepping of Skepper?
God: In die 34 verse word die woord “God” 34 keer gebruik. Dit kan seker niks anders beteken nie as dat hierdie hoofstuk wil verkondig dat God die Skepper van alles is. Waarom hierdie boodskap?