Category: Bybelse Temas en Sake
Leef uit jou Doop: 5.8 Onderdompeling en besprinkeling – Adrio König
5.8 Onderdompeling en besprinkeling
Daar is heelwat misverstande in die doopdiskussie.
♦ Die een was dat dit ’n keuse is tussen grootdoop en kinderdoop, ’n ernstige misverstand wat die hele diskussie skeefgetrek het omdat alle kerke natuurlik die grootdoop aanvaar, en die vraag net is of die kinderdoop ook ’n aanvaarbare vorm van doop is.
♦ Die tweede misverstand is dat dit ’n keuse is tussen onderdompeling en besprinkeling.
Leef uit jou Doop: 5.7 Die doop van gemeentekinders – Adrio König
5.7 Die doop van gemeentekinders
In die wêreldwye Christelike gemeenskap word gemeentekinders op twee maniere gedoop. Dié kerke wat die kinderdoop verwerp, vereis dat die gemeentekinders eers self tot geloof moet kom. Dié wat die kinderdoop aanvaar, vereis dat hulle ouers die Here moet ken, en dan word hulle gedoop.
God sê nee – Francois Malan
Danie vra:
Ons omgeegroep wil gesels oor die onderwerp: “Soms sê God nee.” Het u asb vir my inligting omtrent dit as ‘n tema.
Druiwesap of wyn – Francois Malan
Cecil vra:
Ek kan nie saam met professor Francois Malan stem oor sy raad dat druiwesap en/of wyn tydens Nagmaal gebruik mag word. Dit is baie duidelik dat Jesus wyn gebruik het. Ek het nie genoeg ruimte om my standpunt volledig te staaf nie, maar slegs die volgende – In Palestina begin die druiwe in Junie eers ryp te raak terwyl dit gedurende September geoes word. Daar kon dus tydens die paasfees geen druiwe voorhande gewees het om die sap uit te pers nie. Wyn impliseer ook iets wat klaar deur ‘n gistingsproses is. Ek is van mening dat hier verkeerde advies verskaf is.