Category: Bybelse Temas en Sake
Die Kruis-en-die-Kroon Deel 2
Binne die heiligheidsbeweging is daar verskeie groepe wat die kombinasie van die kruis-en-kroon as wapen of logo gebruik. Pastoor Ollie Raper vertel so dat hy twintig jaar gelede in Edinburgh, Skotland in ‘n boekwinkel op ‘n kerkgroepering, Christian Mission, wat sterk op sendingwerk ingestel is, se wapen afgekom het.Die groepering het noue bande met Andrew Murray, Nederduits Gereformeerde predikant en bekende in heiligheidskringe as spreker by die Keswick-konferensies. En hulle wapen is die kruis-en-kroon. Ook by ander groepe is die wapen gebruik.
Die Kruis-en-die-Kroon Deel 1
VROEGSTE BETEKENISSE
Die kruis is seker vandag die bekendste van die simbole wat Christene gebruik. Anders as wat ons dalk mag dink, was die kruis nie van vroeg af as simbool benut nie.
Wat is die mens! (2)
Daar is natuurlik nie net ooreenkoms tussen God en mens nie. Daar is ook verskil. Hierdie verskil is enersyds daar omdat God wel Gód is. God het ons geskep en God het ons deur Christus verlos. Hierop kan ons net dankbaar reageer. Ons kan nie God wees nie, maar word tog opgeroep om soos God te wees. Andersyds is daar natuurlik ook verskil tussen God en mens omdat ons ménse is. Daar is ‘n fyn balans in wat ons moet wees en wat ons nie moet wees nie. Wanneer ons met God probeer ooreenkom juis wanneer ons anders moet wees, is dit sonde en wanneer ons anders is juis wanneer ons moet ooreenkom, is dit ook sonde. So kan ons oor die eeue heen duidelik sien hoe die mens hierdie rolle voortdurend verwar het.
Wat is die mens! (1)
Wie uit die Bybel ‘n fyn uitgewerkte leer oor die mens probeer vind, sit ‘n vrugtelose soektog op tou. Nêrens kry ons in die Bybel dat die tema mens so aan die orde gestel word, dat klinkklare antwoorde op die vraag, “Wat is die mens?” gegee word nie. Selfs die bekende Psalm 8 wat hierdie spesifieke vraag in die Ou Vertaling (OAV) as opskrif het, is in die Nuwe Vertaling (NAV) vervang met die opskrif, “Lof aan die Skepper”. Op die oog af taamlik uiteenlopend! Maar wie tog die korrekte verband tussen hierdie twee opskrifte vind, het iets van die wesenlike van hierdie tema gesnap. Wie die raakvlak tussen God en mens binne die geopenbaarde grense van die Skrif geformuleer kry, het by ‘n Bybelse antropologie uitgekom.