Die aakligste storie in die Bybel

image_pdfimage_print

 

People who say ‘keep your religion to yourself’ are totally ignorant of  Christianity.  Totally.  Ignorant.  They might as well say to the sun ‘keep your light to yourself’– Jim West

 

Die aakligste storie in die Bybel

Die aakligste storie in die Bybel kry ons in Rigters 19. Daar is nogal ooreenkomste met die storie van Sodom in Genesis 19.

 

‘n Leviet en sy byvrou kom in Gibea aan. ‘n Man bewys vir hulle gasvryheid en nooi hulle om in sy huis te oornag. ‘n Klomp straatboewe omsingel die huis. Hulle eis dat die Leviet aan hulle uitgelewer word: Ons wil geslagsgemeenskap met hom hê. Die Leviet gryp sy byvrou en stoot haar buitentoe. Hulle het met haar geslagsgemeenskap gehad en haar die hele nag deur  tot die môre toe verrineweer. Sy was dood. Die Leviet sny haar in twaalf stukke en stuur dit deur die hele gebied van Israel. Die tragedie eindig in ‘n burgeroorlog. Is daar ‘n vrou in die Bybel teen wie daar meer gesondig is?

 

Hoekom is hierdie aaklige storie in die Bybel? Kon God dit nie verwyder het nie? Of is daar dalk ‘n doel met die storie? Hier is ‘n paar onverwagte uitnodigings.

  1. Ons word uitgenooi om haar lot te betreur

As ons haar storie lees, kan ons huil en kla oor haar lot – en die lot van alle slagoffers van hierdie afskuwelike daad. Een van die sleutelelemente van klaagliedere is om eerlike vrae van God te vra. “Hoekom het God toegelaat dat hierdie vrou deur ‘n spul boewe verkrag word?” of: “Waar was U, God?” In hierdie vrae ontmoet ons vir God op ‘n manier wat ons nie volledig verstaan nie. God het dit nie verhoed nie, maar die feit dat dit in sy woord is, beteken dat Hy wil hê dat ons daaraan aandag moet gee. Antwoord op ons vrae kom nie gou nie, maar mettertyd lei ons klaagliedere tot ‘n dieper verhouding met God.

 

  1. Ons word uitgenooi om verontwaardig te wees oor die tragedie van verkragring

Verkragting moet ons briesend maak. Mag – fisies, ekonomies of andersins – word gebruik om slagoffers te dwing om iets te doen wat hulle nie wil doen nie. Maar volgelinge van Jesus word geroep om juis diegene sonder mag by te staan. Burgeroorlog is nie vandag die antwoord nie, maar ons gemeentes moet dien as advokate vir die regte van slagoffers van seksuele misbruik

 

  1. Ons word uitgenooi om meer oor verkragting te praat

Wat gebeur in meeste gemeentes. Die media praat gedurig oor verkragting Om verkragting te ignoreer, beteken nie dat dit gaan verdwyn nie. Oor gedeeltes soos Rigter 19 – ons maak of dit nie daar is nie – gaan niks oplos nie. Die Bybel praat op ‘n paar plekke oor verkragting: Genesis 19:30 – 38 (Lot en sy dogters); Genesis 34:2; 2 Samuel 11:4 (Dawid en Batseba); 13:14 (Ammon en Tamar); 16:22 (Absalom en Dawid se byvrouens). Deur stories  soos hierdie te bespreek, sal vir ons wysheid gee oor wat God van hierdie afskuwelike misdaad dink.

 

  1. Ons word uitgenooi om oor Jesus se dood na te dink

As ons aan hierdie vrou teen wie so erg gesondig is, dink, moet ons dink aan die Man wat die hele wêreld se sondes op Hom geneem het. Die Leviet offer die lewe van sy byvrou op om sy eie lewe te red; Jesus offer Homself vrywillig om die lewens van ander te red.

 

  1. Ons word uitgenooi om heling vir die slagoffers en oortreders van verkragting te bring

Die uiteindelike doel van Jesus se lyding en dood was om aan almal – insluitend slagoffers en oortreders van verkragting – ‘n geleentheid te gee om vergewe en genees te word. Deur die kruis is die mag van sonde gebreek.  Die proses van vergifnis en genesing gaan ‘n tyd neem. Dit vereis professionele hulp, wyse vriende en ‘n ondersteunende gemeenskap.

 

As ons die storie van die Leviet se byvrou onthou en nie ignoreer nie, moet ons ook oor Jesus se lyding en dood nadink. Dit is immers die pad waardeur almal van ons vergifnis kan ontvang.

 

 

image_pdfimage_print