Die Betekenis van Kersfees

image_pdfimage_print

He sheds tears for those that shed His blood. —Thomas Watson

 

Die Betekenis van Kersfees

Christene sukkel om die ware betekenis van Kersfees te behou te midde van toenemende materialisme en kommersialisering. Maar hoe vertel ons vir ‘n wêreld wat nie wil luister nie wat die werklike betekenis van Kersfees is?

 

 

Jesus verskyn voor Pilatus en Pilatus vra vir Hom: Dan is jy tog wel ‘n koning? Jesus se antwoord help ons om die betekenis van Kersfees te verstaan: Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê? (Johannes 18:37). Hierdie vers beklemtoon drie aspekte van Jesus se geboorte.

 

  • Die aard van Christus se geboorte: Menswording

Jesus se geboorte is anders as enige ander geboorte – Hy het na die wêreld toe gekom. In Johannes 16:28 sê Jesus: Ek het van die Vader gekom en Ek is hier in die wêreld.  Jesus sê dat Hy gebore is, maar ook dat Hy van altyd af daar was – by God die Vader. Hy is anders; Hy kom van ‘n ander plek. Die werklikheid van Kersfees is dat God na die wêreld gekom het. Kersfees gaan oor God wat mens geword het .

 

  • Die doel van Christus se geboorte: Openbaring

Hoekom is Christus gebore? Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Jesus is die openbaring van God, die Vader. Jesus sê vir Filippus: Wie My sien, sien die Vader (Johannes 14:9). Die proloog van hierdie boek sê dieselfde: Die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak (1:17 – 18).

 

  • Die gevolg van Christus se geboorte: Verlossing

Jesus staan voor Pilatus; al sy volgelinge het Hom verlaat. ‘n Mens kan met reg wonder wat Hy bereik het. Maar die finale gedeelte van Johannes 18:37 bemoedig ons: Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê. In Johannes 10:27 sê Jesus:  My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My. Jesus het dus mense vir Hom afgesonder. Deur bemiddeling van die Heilige Gees is hulle in staat om die waarheid te verstaan en daarop te reageer.

 

Vrae: Verstaan ons die belang van Jesus se menswording vir ons? Kyk ons na Christus en nêrens anders nie vir die openbaring van God? Hoor ons sy stem en volg ons Hom?

Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak (Johannes 8:32).

image_pdfimage_print

You may also like...