Die geestelike opbou van gelowiges

image_pdfimage_print

How can we expect to live with God in heaven if we love not to live with him on earth? —John Mason

  • Die geestelike opbou van gelowiges

Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)

In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid.

 

 

In die Nuwe Testament lees ons gereeld van geestelike opbou: Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis (1 Petrus 2:5). Hierdie woord  opbou, is ‘n woord wat algemeen in die boubedryf gebruik word. In die Bybel word dit as ‘n beeld van die verlangde resultaat van pastorale bediening gebruik. Opbou dui op goeie vakmanskap,  deeglike konstruksie, ‘n soliede, stabiele struktuur, geen swak plekke nie en geen wanfunksionering wat die gebou mag beïnvloed nie. Die gevolge van swak vakmanskap word gewoonlik eers na ‘n tyd duidelik

Ons kan nie ‘n geestelike huis met swak vakmanskap bou nie. Swak vakmanskap beteken ons ken die Bybel oppervlakkig en het maar net ‘n vae begrip van wie en wat God is en wat Hy gedoen het. Hierdie is vandag algemeen is ons kerke. Solank as wat kategese verwaarloos word en nie sy regmatige plek inneem nie, sal die tekortkominge nie verdwyn nie.

Kategete is leermeesters met ‘n spesifieke taak: hulle moet gelowiges van alle ouderdomme in die waarhede van die Christelike geloof en hoe Christene volgens hierdie waarhede moet leef, onderrig. Alle Christene, ook volwasse Christene, moet hierdie waarhede ken. Dit beteken hulle moet gereeld daarna kyk en dieper delf. So kry hulle nuwe wysheid en toepassings. Die probleem is dat ons vandag die leerstellings van die Christelike geloof vermy, want ons is bang dit mag dalk aanstoot gee.

Die Christelike geloof moet goed en met wysheid onderrig word, veral as ons na vandag se ingewikkelde lewe kyk. Gebeur dit nie sal ons geloof wyd en vlak bly – geen diepte nie.

 

image_pdfimage_print

You may also like...