Die hel: Is dit ‘n werklikheid?

image_pdfimage_print

Judge not your fellow man until you yourself come into his place – Hillel

 

Die hel: Is dit ‘n werklikheid?

Hier is nou ‘n onderwerp waaroor mense baie opgewonde raak. Kom ons kyk wat sê die Bybel. ‘n Goeie plek om te begin is 2 Tessalonisense 1:8 – 9: Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag. In hierdie vers is staan ‘n paar dinge wat opval:

 

 

  • Geban uit die teenwoordigheid van die Here

Die belangrikste ding wat ons oor die hemel kan sê, is dat dit is waar God is; die belangrikste ding wat ons oor die hel kan sê, is dat dit is waar God nie is nie. Die teenwoordigheid van God in die hemel verseker ons van oorvloedige en ewige vreugde; die feit dat God nie in die hel teenwoordig is nie, beteken dat alle hoop op vreugde en seën verdwyn.

 

  • Straf

Straf beteken dat diegene wat in die hel is nie alleen van God geskei is nie, maar ook gestraf word tot die ewige verdoemenis ( verderf in die OAV). Hulle ondervind dus die regverdige toorn van God vir elke sondige gedagte, woord en daad.

 

  • Altyd

Dit gaan hier oor die duur van God se straf. Vir sondaars wat nie berou het en hulle nie bekeer nie en wat nie die evangelie van ons Here Jesus gehoorsaam nie, wag God se toorn – vir altyd. Geen loskom kans nie; hulle kan nooit die skuld betaal nie. Hulle straf is vir altyd.

 

  • Verdoemenis (OAV – Verderf)

Hier gaan dit oor die omvang van God se straf. Die straf is so erg – vernietigend –  dat ons dit net as totale vernietiging kan beskryf. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners (Matteus 13:42). Daar sal geen verligting wees nie.

 

Die leer van die hel is vir ons baie ongemaklik, maar eintlik moet ons dankbaar wees daarvoor? Hoekom?

  • Dit eer die geregtigheid van God. Hy straf elke ongeregtigheid – geen witbroodjies nie; geen uitsonderings nie.
  • Dit eer Jesus Christus. Deur na te dink oor die leer van die hel verstaan ons die geweldige prys wat Hy op Golgota betaal het. Dit beskryf die omvang van die verlossing wat Hy bied.
  • Dit hou gelowiges op hulle tone – ons kan nie sommer ons geloof versaak nie. Ons moet Jesus Christus volg al is die lewe soms moeilik.
  • Dit motiveer gelowiges om die evangelie te deel met ander wat hierdie aaklige straf in die gesig staar.
  • Vir ongelowiges is dit ‘n kragtige oproep om hulle te bekeer en in Jesus Christus te glo terwyl die geleentheid nog daar is om God se genade te ontvang.

 

image_pdfimage_print

You may also like...