Die kerk vandag (6)

image_pdfimage_print

 

There is a dangerous combination here: arrogance and ignorance (Philip Ryken).

 

Die kerk vandag (6)

Daar het onlangs ‘n goeie boek van Jared C. Wilson – The Prodigal Church –  verskyn. [Prodigal = verkwistend, luuks, uitspattig] In hierdie boek kyk hy na die manier waarop ons vandag kerk “doen.” Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

As ons ‘n aanbiddingsondervinding aanbied wat veral ondervindings en gevoelens beklemtoon, mis ons die hele punt van aanbidding: God. God is groter  as ons gevoelens. Hy is die God van liefde en genade wat deur sy Seun mense verlos – al is ons gevoelens negatief.

 

Aan die einde van Handelinge 2 kry ons die visie van die vroeë kerk. Hierdie manier van “kerk doen” het gemeentes se verbeelding vasgegryp. Mense besef dat die toekoms van die kerk dalk in die verlede lê – terug daar by die begin. Wat het die vroeë kerk gedoen? Wat kan ons by hulle leer? Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels. Die gesamentlike getuienis van hierdie vroeë kerk was baie oortuigend en kragtig: En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg. Hulle het nie hulle byeenkomste ontwerp om aantreklik vir die ongelowiges te wees nie. Hulle het nie musiek uit hulle kultuur gekies om hulle getuienis te kontekstualiseer nie. Tog is baie mense gereeld by die gemeente gevoeg.

 

Wat was die oorsaak hiervoor? Miskien moet ons weer na Handelinge 2 kyk. Die hoofstuk begin met die uitstorting van die HG op pinksterdag. Dit gaan voort met Petrus se verklaring: God het hierdie Jesus wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak. Ons lees dat die mense diep getref was deur hierdie verklaring. Daarna volg die beskrywing van die vroeë kerk in verse 42 – 47.

 

Die les is dat die kerk deur die werk van die Heilige Gees en die evangelie van Jesus Christus gebou en versterk sal word. Wat werk is die Heilige Gees deur die evangelie van Jesus Christus.

 

 

image_pdfimage_print