Die kruis staan sentraal in die Christelike geloof

image_pdfimage_print

Our heavenly Father never takes anything from his children unless he means to give them something better. —George Muller

 

Die kruis staan sentraal in die Christelike geloof

Die kruis staan sentraal in ons geloof – geen wonder dat dit die simbool van ons geloof is nie. Hoekom staan die kruis sentraal?

  • God het Hom die duidelikste aan ons geopenbaar aan die kruis

Dikwels benader ons die Skrif as God se ensiklopedie. Ek wil weet wat die Bybel oor trots of die huwelik of oor lyding sê. Ek kry ‘n aantal versies en weet wat die Bybel oor daardie onderwerp sê. Dit is ‘n gevaarlike benadering. Ons glo dat die hele Bybel God se openbaring aan ons is, maar die doel en hoogtepunt van die Bybel is die Skepper se verlossing van die skepping. Die kruis staan as die sentrale boodskap van die Bybel. Ons sien God die duidelikste deur die lens van die kruis. Die kruis openbaar sy oppermag, mag, heiligheid, genade, heerlikheid en oorwinning Ons kan nie God bestudeer sonder om ‘n studie van die kruis te maak nie – dit is waar God Hom bekend gemaak het.

 

 

  • Die kruis verpersoonlik God se liefde

In die Bybel word God se liefde dikwels beskryf met direkte verwysing na die kruis. Hier is ‘n paar voorbeelde:

(i)             God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het (Johannes 3:16).

(ii)            Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8).

(iii)           Die lewe wat ek nou hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê (Galasiërs 2:20).

(iv)          Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het (Efesiërs 5:2)

(v)           Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê (1 Johannes 3:16).

God se liefde het nie opgehou nie, maar word voortdurend deur die kruis bewys.

 

  • Die kruis is die manier hoe God sondaars verlos

In die Nuwe Testament gebruik die skrywers ‘n hele aantal beelde van verlossing. Dink maar aan versoening, aanneming, vrykoop, bevryding, ens. Almal van hulle verwys na die sentrale tema van die Bybel: God het gekom om sondaars te verlos. Daar is geen verlossing buite om die kruis nie.

  •  Die kruis is die standaard van wat dit beteken om ‘n Christen te wees

In Matteus 16 kondig Jesus sy dood aan. In vers 24 sê Hy: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.  Vir Jesus word die geloof opgesom in die kruis. ‘n Christen is ‘n volgeling van Christus wat die koste bereken het, sy kruis opgetel het en met sy Verlosser gesterf het.

 Luister hoe word Christene beskryf:

(i)             Hulle het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig (Galasiërs 5:24).

(ii)            Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood (1 Petrus 2:24)

(iii)           Gee julleself aan God as lewende en heilige offers (Romeine 12:1).

Die enigste lewende Christen is een wat gekruisig is.

 Die kruis staan sentraal in God se verlossingswerk. Sondaars moet die kruis as hulle enigste hoop aanvaar.

image_pdfimage_print

You may also like...